Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Waar is SA se Obama?
Inge Botes
Inge Botes

Ek was (nee ís) ’n geharde Barack Obama-ondersteuner.

Ek was polities aangevuur deur Obama se eerste presidensiële veldtog in 2008. Die kreet “Yes, we can” is nog steeds ’n nabye herinnering.

Saam met miljoene mense was ek meegevoer deur dié kandidaat wat in sy inhuldigingstoespraak die onwaarskynlike stories vertel het van ’n wêreld wat tog besig is om ten goede te verander.

Die kort en kragtige toespraak het hoofsaaklik die storie van die 106-jarige swart vrou Ann Nixon Cooper vertel. Obama stel haar voor as iemand wat daarvoor geleef het om te kan stem. Sy is net ’n generasie na slawerny gebore.

LEES OOK: VERKIESING: Watter party trek die meeste aandag?

Sy het die eerste man op die maan gesien loop. Sy het gesien hoe die muur in Berlyn val en hoe ’n wêreld toenemend om ons verander deur middel van die wetenskap.

En op 106-jarige ouderdom daag sy op om in die 2008-verkiesing te stem, want sy weet verandering kom weer. Obama vra homself ook af of sy dogters ook so lank sal leef en indien wel, wat die vordering sal wees wat hulle in hul land en die wêreld sal sien.

Ja, ek weet dis ’n slim politiese storie. Maar dis 11 jaar later en ek onthou steeds die hoop wat ek in daardie oomblik gevoel het. Die hoop agter die siviele verantwoordelik en entoesiastiese leierskap van “Yes, we can.”

Tussen twee vure

Ek het nog nooit so gevoel oor ’n leier van my tyd in Suid-Afrika nie. My ouers getuig natuurlik dat die gees van die demokrasie in 1994 baie groter was as dié van die 2008- Amerikaanse verkiesing. Dat die inspirasie wat Madiba vir die land gegee het, veel groter was as Obama s’n.

Dit tem egter nie die gevoel van hopeloosheid nie. Dis die eerste nasionale verkiesing waaraan ek kan deelneem en ek wens ek was opgewonde. Ek voel nie so Bornfree nie en my keuses voel maar beperk.

Ek is glad nie ’n Donald Trump-ondersteuner nie en daarby ook nie ’n Hillary Clinton-ondersteuner nie. En alhoewel dié figure maar net die spreekbuise van hul partye is, is ek glad nie ’n ondersteuner van enige party wat húlle as hul top-kandidate beskou nie.

Ek is glad nie ’n Donald Trump-ondersteuner nie en daarby ook nie ’n Hillary Clinton-ondersteuner nie. En alhoewel dié figure maar net die spreekbuise van hul partye is, is ek glad nie ’n ondersteuner van enige party wat húlle as hul top-kandidate beskou nie.

Maar daar is ’n lesser of two evils. Hillary Clinton was sonder enige twyfel by my dié kandidaat.

Die realiteit, wat goed gestaaf word elders, is dat Donald Trump nié die 2017- presidensiële verkiesing gewen het as gevolg van groot steun nie, maar as gevolg van kiesers wat gewoonlik Demokraties stem se keuse om nie Clinton te ondersteun nie.

LEES OOK: VERKIESING: Waar is die jongmense om ons land te regeer?

Ek weet nie of die wêreld Amerika binnekort hiervoor sal vergewe nie.

Ek wil natuurlik nie hamer op Trump se menige voor die hand liggende problematiese faktore nie. Maar die korrupsie en homofobiese, rassistiese, onverantwoordelike en oningeligte opmerkings is genoeg om my te oortuig van sy onvermoë om ’n land te regeer – en dit nog die land wat bykans die wêreld regeer.

Ja, ek hou nie van Hillary Clinton nie en soveel as wat ek ’n vrou as president sou geniet, dink ek nie dít laat haar kwalifiseer vir die posisie nie. As Donald Trump egter jou teenvoeter is, is daar net een uitweg. Onthouding is in hierdie geval nie die sleutel nie.

Wat bly oor?

Ek is nie ’n geharde Ramaphosa-ondersteuner nie. Ook nie van Zuma of Malema of Maimane nie.

En die keuses wat ons hoofstroompartye die afgelope paar maande (en jare) uitgeoefen het, verdien nie die kruisie wat ek moet trek nie.

Maar ek gaan stem, want as óns Trump die president word omdat ek nie die lesser of two evils kon identifiseer nie, sal ek miskien nie myself vergewe nie. Ons Trump is ook op ’n oorlogspad.

Maar ek gaan stem, want as óns Trump die president word omdat ek nie die lesser of two evils kon identifiseer nie, sal ek miskien nie myself vergewe nie. Ons Trump is ook op ’n oorlogspad.

Soos sy oom in Amerika, boetie in Noord-Korea, stiefpa in Rusland en oorlede oupa in Kuba probeer hy die geskiedenis herskryf – en die trajek lei nie tot ’n vredeliewende en gesonde wêreld nie.

  • Inge Botes (21) het 'n BA-graad in Antropologie, Afrikaanse Letterkunde en Sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Sy is tans besig met haar honneursgraad. Sy kom oorspronklik van Bloemfontein af.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg Die Student op Instgram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.