Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Waardeer jou geliefdes terwyl jy nog kan
Ilzé Fourie
Ilzé Fourie

Dié oproep in rus-in-vrede-boodskappe kom deur Facebook. Skielik het almal die persoon geken en het elkeen ’n spesiale herinnering van hom of haar.

Maar in der waarheid is hulle weg en beteken die foto wat jy plaas en die mooi uitgedinkte storie eintlik nie veel nie.

Om iemand te verloor, ruk jou tot in jou diepste binneste, jy ervaar ’n seer wat nooit weer heeltemal gesond word nie.

Daar word ’n leemte gelaat wat beslis nie weer gevul kan word nie.

Wanneer ’n vriend of familielid uit jou midde geruk word en dit boonop as gevolg van selfdood is, is die vrae oneindig baie.

Hoe kon jy dit nie raakgesien het nie? Het hy nog altyd geworstel? Waarom dié uitweg kies? Kon hy nie net met my gepraat het nie?

Uit eie ervaring het ek myself ook oor en oor die vrae gevra. Een antwoord is: Die wêreld se seer was vir hulle net te veel. Ons weet beslis nie of dit net vir ’n oomblik van geen-toekoms-sien was en of dit ’n diep ongeneesbare wond was wat daartoe gelei het nie.

Om iemand te verloor, ruk jou tot in jou diepste binneste, jy ervaar ’n seer wat nooit weer heeltemal gesond word nie. Daar word ’n leemte gelaat wat beslis nie weer gevul kan word nie.

Iets wat ek wel weet, is dat jong mense onder geweldige druk verkeer, wat ons ouers en die ouer generasie nie aldag verstaan nie.

Watter druk kan daar dan nou immers op ’n student of jong mens in die werkersklas wees? Studente ervaar druk om akademies te presteer, alewige vakansiewerk te doen, sommige bekommer hulle oor studiegelde wat hulle self moet betaal of finansiële druk om vir familielede te sorg.

My wenke

Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep is selfdood baie meer algemeen as wat ons dink. Elke 40 sekondes sterf iemand as gevolg van selfdood en elke 3 sekondes word ’n poging tot selfdood aangewend.

Hoewel depressie die grootste bydraende faktor is, is dit nie die enigste rede nie. Geld, akademiese prestasie, groepsdruk, verwerping, ensovoorts, speel ook ’n rol.

LEES OOK: Dís hoe depressie voel

Hoe gaan ’n mens dan aan nadat jy iemand aan selfdood afgestaan het? Wenke wat ek kan gee, is om eerstens nie jouself te blameer nie; ja dit is ’n cliché maar dis die waarheid.

Tweedens, aanvaar dit word nie beter nie, onsensitief gestel, ek weet, maar jy leer tog om met die seer saam te leef.

Derdens, niks wat jy sou sê of doen, sou die persoon kon keer in sy laaste oomblikke nie.

Laastens, bly geanker in jou geloof!

Selfdood is ’n werklikheid en om aan te gaan as iemand wat agterbly, is ’n groter werklikheid. Moenie vergeet om steeds vir jouself lief te bly nie!

Selfdood is ’n werklikheid en om aan te gaan as iemand wat agterbly, is ’n groter werklikheid. Moenie vergeet om steeds vir jouself lief te bly nie!

Leer om vir mense te sê jy waardeer hulle, jy hou van hulle, jy dink hulle is ’n goeie vriend, en nog belangriker, dat jy lief is vir hulle.

Die lewe is hopeloos te kort om eers herinneringe te deel nadat iemand dood is. Gooi daardie appreciation post, bestee al jou geld op koffie-uitstappies, avonture en alles wat mal en lekker is. Benut elke oomblik saam met almal vir wie jy lief is. Wie weet, dalk kan jy ’n lewe so red.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.