Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Waarmee is ons besig, SA?
Veronica Ramokgoname
Veronica Ramokgoname

Weke lank het ek gehuiwer of ek dié stuk moet skryf en of ek gereed is vir die kommentaar (wat versprei soos ’n brandewyn-special in Potchefstroom) nadat ’n artikel verskyn het!

Die vraag was die hele tyd of ek kans sien vir mense wat jou wese kaal uittrek met hul sêgoed omdat jy dit goed gedink het om jou mond oop te maak.

Maar soms moet ’n mens opstaan vir dit waarin jy glo met die wete dat almal nie altyd gaan saamstem nie.

So ek berei myself voor vir die “sy’s nat agter die ore”, “wat weet sy?”, “wie dink sy is sy?” en so meer.

So waar begin ek . . .

Suid-Afrika, ek wil vandag met jou praat.

Ek was lank negatief oor jou doen en late – tot só ’n groot mate dat jy my nie meer kon verbaas nie. Maar nou het dit by die punt gekom dat ek sou begin stof eet as my mond groter moes oophang.

Hoe lyk ons optrede?

My vraag is waarom ons doen wat ons doen. Het ons so selfsugtig geword dat leed al is wat ons ken?

My ma het altyd vir my gesê om nie aan ander te doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

Was dit dan net my ma? Ek is seker sy is nie die enigste een wat dit vir haar kinders geleer het nie.

Ek dink nie dit is reg om geboue aan die brand te steek nie – veral nie as ons geboue brand om net weer môre te vra vir nog geboue nie. Ek weet darem nie. Dis ’n ander manier van dink daardie.

Ek dink nie dit is reg om geboue aan die brand te steek nie – veral nie as ons geboue brand om net weer môre te vra vir nog geboue nie.

Ek wonder hoe verskil die gebou-afbranders en die decorder-smashers van mekaar? Dink hulle MultiChoice gaan luister?

As dit gaan oor saamstaan, sou ek sê ja, kom ons doen dit. Maar ek weet wragtig nie of ons vorentoe kan beweeg nie met die mentaliteit van “if you can’t beat them, become them”.

Ons dade spreek boekdele, ek weet. Maar vir wie?

Ek wil glo dit is ons jong mense wat die land eendag hopelik vorentoe kan laat beweeg. Maar dit sal nie gebeur as ons stagneer nie.

Dis tyd om te begin dink, Suid-Afrika. Ons moet dink oor wat ons doen en hoe dit ons op die lange duur gaan beïnvloed.

LEES OOK: Hou op kla en maak jou eie hande vuil

En ek praat met almal wat my taal en my land deel.

Ek self maak nog dikwels die fout om te dink dit gaan nou so verskriklik in Suid-Afrika, terwyl ek vergeet wat alles al bereik is.

Suid-Afrika is ’n land van enorme teenstrydighede van absolute skoonheid en absolute hartseer. Maar as die Paradys net ’n mooi plek was, sou dit tog stomvervelig wees.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.