Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wag en dink voor jy knoppie druk
Johann Müller
Johann Müller

“This message was deleted.”

Hoeveel keer het iemand nie al iets vir jou gestuur en net daarna staan daar op jou skerm “This message was deleted”. Dit laat mens wonder oor wat die persoon gestuur het? Was dit bedoel en hoekom sal hulle dit uitvee as hulle dit in die eerste plek gestuur het?

In vandag se lewe van tegnologie en blitsboodskappe moet ons baie versigtig wees vir wat ons vir iemand sê, ons hoor so baie stories van mense wat slagoffers is van kuberkraking en ons kan die oorsaak daarvan wees sonder dat ons dit besef.

Dink ’n bietjie aan die boodskappe wat jy die afgelope week gestuur het en jou opmerkings op sosiale media soos Instagram en WhatsApp. Is dit meestal positief of negatief? Kon van jou opmerkings as afbrekend of opbouend beskryf word? Sou jy daardie goed in persoon vir die ontvanger kon sê?

Ons het boelies geword

Dit gaan nie hier om jou te laat sleg voel oor dit wat jy dalk gedoen het nie. Ons almal is net mens, maar dit is belangrik om twee keer te dink voordat jy die enter-knoppie op jou slimfoon druk. Ons druk die enter-knoppie heeltemal te maklik en te vinnig.

Ons almal is net mens, maar dit is belangrik om twee keer te dink voordat jy die enter-knoppie op jou slimfoon druk.

Die tegnologie het van ons ’n generasie van bang en ruggraatlose mense gemaak wat veel eerder en baie makliker vir jou iets oor die foon sal stuur as om dit vir jou in persoon te sê. Voordat ons daardie knoppie druk, moet ons eers dink of jy dit wat jy getik het vir die persoon sou sê as julle gepraat het.

LEES MEER: Dít is die prys van sukses op sosiale media

Ons het nie net ruggraatloos geword nie, maar boelies ook. Daar is soveel boelies onder ons wat makliker iets afbrekend sal sê oor iemand se foto’s as iets opbouends. Onthou net dat daar iemand aan die ander kant van die skerm is wat die boodskap lees en wat ook gevoelens het.

Wees jy die verandering

So volgende keer as jy ’n boodskap tik en iets onaangenaam vir iemand wil sê, stop en dink net ’n oomblik daaroor, sou jy dit in persoon sê? Hoe sal die persoon daaroor voel en waarom skryf jy wat jy skryf?

Ek dink dit is tyd is vir verandering, dat ons eerder mense moet opbou op sosiale media as om hulle af te breek. Só kan ons ’n wêreld van geesdriftige mense skep waar almal mekaar help en ondersteun eerder as ’n wêreld waar almal negatief is en met ’n minderwaardigheidskompleks rondloop.

Die verandering begin deur ’n oomblik te wag voordat jy daardie knoppie druk.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.