Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wanneer opinies nie net opinies is nie
Lizaan Snyman
Lizaan Snyman.

Ons lewe in ’n wêreld waar die meeste mense ’n opinie oor enigiets en alles het – maar wat is ’n opinie nou eintlik? Volgens die English Oxford Living Dictionary is dit wanneer daar ’n oorsig of oordeel oor iets ontstaan wat nie noodwendig op feite of kennis gegrond is nie.

Die laaste gedeelte, “nie noodwendig op feite of kennis gegrond is nie”, is waar die probleem inkom, aangesien mense veels te maklik hul opinies as feite oordra.

Nog ’n probleem ontstaan wanneer ’n gebrek aan kennis oor ’n saak, sowel as die waarde en effek van die opinie wat as ’n feit gestaaf word, se impak op die samelewing nie in ag geneem word nie.

Dit gebeur omdat almal onder die illusie is dat hulle die reg tot vryheid van spraak het, ongeag die koste of gevolge van hul woorde.

Regte beteken ook verantwoordelikhede

Wat mense nie altyd besef nie, is jy het nie net ’n reg nie, maar jy het ook ’n verantwoordelikheid in alles wat jy doen en dat die diegene rondom jou dieselfde regte en verantwoordelikhede het.

Afdeling 16.2 van die Handves van Menseregte stel dit dat vryheid van spraak nie die volgende insluit nie: dit mag nie as propaganda vir oorlog gebruik word nie; as aanhitsing van dreigende geweld; of as voorspraak van haat wat gegrond is op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens, en as ’n vorm van aansporing om skade te veroorsaak nie.

Daar is baie voorbeelde waar opinies wat nie feitelik is nie, gebruik word deur mense en organisasies om hul agenda te bevorder en mense so te beïnvloed.

Wat moet bykom, is dat geen oordeel of oordra van inligting mag plaasvind voordat die persoon oor die nodige en werklike kennis beskik nie.

Dit sal tot gevolg hê dat die meeste skinderstories en fopnuus of nie plaasvind nie, of nie versprei word nie.

Wie praat die waarheid?

Daar is baie voorbeelde waar opinies wat nie feitelik is nie, gebruik word deur mense en organisasies om hul agenda te bevorder en mense so te beïnvloed.

’n Toepaslike voorbeeld hiervan in die aanloop tot die Suid-Afrikaanse verkiesing wat op 8 Mei plaasvind, is hoe partye, veral die groot partye, alles in hul vermoë doen en sê om soveel moontlike stemme te werf, al is van die stellings en beloftes wat hulle maak nie heeltemal waar of prakties uitvoerbaar nie.

Die groot vraag deesdae is: Wie en watter inligting of opinie kan jy werklik vertrou as die waarheid? Dit is ’n vraag waarop ek self nog nie die antwoord het nie.

Dit is veral duidelik wanneer partye hul opinies uitspreek oor mekaar se wanbestuur, ensovoorts, wat gewoonlik uit verband geruk is, en mekaar slegsê of oordeel om hulself beter te laat lyk.

Die groot vraag deesdae is: Wie en watter inligting of opinie kan jy werklik vertrou as die waarheid? Dit is ’n vraag waarop ek self nog nie die antwoord het nie.

  • Lizaan Snyman (21) studeer BA Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit. Sy kom oorspronklik van Roodepoort in Johannesburg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang?Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instgram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.