Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wanpersepsie oor pedagogie, kurrikulum kort aandag

In baie gevalle blyk dit dat daar veral in openbare skole ’n duidelike gaping met onderrig en leer is. Hierdie gaping kom voor soos opgehoopte vuil wasgoed.

Dit is amper in elke huishouding sigbaar. Almal wil aantrek en netjies lyk terwyl niemand die wasgoed wil was nie.

Die letsels van hierdie gaping word dieper en dieper. Elkeen gryp hier ’n vuil ding en trek dit met daardie op-die-oog-af-skoon ding aan. Hierdie geheen-en-weer dra dan by tot almal se opinie, maar verwaarloos die verantwoordelikheid om eienaarskap te neem.

Dustin Coraizen

In werklikheid het hierdie gaping ’n wanpersepsie gevestig wat vir baie lank reeds ontwikkel oor pedagogie en die kurrikulum, veral die huidige kurrikulum-moontlikhede.

Uit informele gesprekke en interaksie met hedendaagse moderne ouers, asook die breë skoolgemeenskappe waarin ek dikwels betrokke is, is dit duidelik dat hierdie ontwikkelende wanpersepsies spoedig aandag moet geniet om daadwerklik leerderprestasie en skoolbywoning te verbeter.

Pedagogie ontwikkel wanneer leerders skool bywoon vir noodsaaklike redes. Die begrip rondom skoolbywoning tussen die ouer en die kind moet daarom samehangend wees. Dit moet die rol inneem soos een hand wat die ander hand was, en andersom.

In verhouding met die ouer en kind moet die skoolgemeenskap in staat wees om albei te ondersteun, hoewel dit nie noodwendig die geval is nie. Die ubuntu in talle skoolgemeenskappe blyk daarom na iets van die verlede bloot as gevolg van wanpersepsies.

Kinders, as leerders, behoort holisties vorming te geniet met die hoofdoel om te groei.

In baie skole blyk dit dat daar  ’n duidelike gapi
In baie skole blyk dit dat daar ’n duidelike gaping met onderrig en leer is, skryf Dustin Coraizen. Foto: Unsplash

Hulle behoort te presteer deur ’n kurrikulum wat leerdergesentreerd binne die skoolkonteks gefasiliteer word. Begrip hiervan is daarom nodig. Veral oor die kurrikulum die boustene vir die sukses van ’n gemeenskap uitmaak, of hoe?

Verder behoort almal betrokke in die groei en ontwikkeling van die kind op dieselfde bladsy te wees. Vanuit eerstehandse ervaring is dit ongelukkig weer eens nie die geval nie. Die kwaad van baie kinders word deur die wanpersepsie van ouers versterk. Die kind neig daarom na ’n potensiële statistiek in die onmiddellike gemeenskap – nes dit waaraan ons gewoond is.

Vir baie ouers is dit ook ’n teer saak om hulle kinders heeldag en elke dag by die huis te hê. Hiermee sal amper alle ouers saamstem, al wil hulle dit nie hardop sê nie.

Ouers kan in baie gevalle nie wag dat naweke moet verbygaan of vakansiedae tot ’n einde kom sodat hul kinders deur wonderwerke in leerders omskep word – op pad skool toe en in die klaskamers. Die verantwoordelikheid om wonderwerke te verrig is dan dié van die onderwyser want hulle is mos die mense wie betaal word en dit is immers hulle werk. Of so dink almal!

Dit is hoe ons kom by die wanpersepsie tussen pedagogie en die kurrikulum.

Die skool begin meer en meer die rol van ’n nasorgsentrum inneem sodat ouers van hul kinders ontslae kan raak vir sowat agt uur per dag. Maar wat van die res van die ure? Belê ouers genoeg tyd in hul kinders se opvoeding sodat die belegging kan uitbetaal ná 12 jaar? Of word die belegging ná die grondslagfase-onderrig aan sy eie genade oorgelaat met die hoop dat dit sal groei en rente trek?

Die beperkte gesprek tussen die skool en die ouerhuis word daarom minimaal voortgesit terwyl ouers effektief as begeleidingsmeganisme behoort te dien vir vaslegging. Ouers kan die gapings weens hierdie wanpersepsies deur gesprekke met hul kinders aanhelp om uit te vind wat hul kinders elke dag nuut geleer het by die skool. Op hierdie manier raak ouers meer regstreeks betrokke om onderrig en leer beter te ondersteun.

Maar die vrae hou net nie op nie: Weet ouers, en onderwysers ook in baie gevalle, wat eintlik tydens onderrig en leer aangaan?

Maar die vrae hou net nie op nie: Weet ouers, en onderwysers ook in baie gevalle, wat eintlik tydens onderrig en leer aangaan? Weet ons hoe om dit wat geleer word oor te dra? Weet ons hoe om enige geleentheid ’n leergeleentheid te maak wat leerdergesentreerd en konteksgedrewe is? Hoekom blameer ons meer as wat ons eienaarskap neem oor ons kinders, leerders en skole?

Hierdie vrae ontstaan bloot vanuit ontwikkelende wanpersepsie. Dit bring gevolglik ’n groter gaping tussen die departement van basiese onderwys en die skool, die skool en die onderwyser, die leerder en die onderwyser, die onderwyser en die ouer, die ouer en die skool en uiteindelik die ouer en die kind met die eenvoudige einddoel: leerderprestasie en -groei.

Om die êrens van die saak te takel is dit belangrik om te weet wat pedagogie en kurrikulum beteken.

Volgens die Unesco-webwerf verwys pedagogie na metodologie en aktiwiteite van die praktyk van onderrig terwyl kurrikulum verskillende betekenisse het, maar fokus plaas op ’n stel riglyne en aanbevelings oor wat onderrig moet word.

Met Covid-19 het dit al hoe duideliker geword dat wanpersepsies oor keuses en opinies oorvleuel.

Pedagogie en die kurrikulum kry daarom teenstand terwyl ouers, skole en sekere onderwysers nie in dieselfde WhatsApp-groep is nie.

  • Dustin Coraizen is besig met sy Meesters in Opvoedkunde by die Universiteit van Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook! 

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? 

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.