Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wat beteken inklusiwiteit nou eintlik?

In gesprekke met leierskap op Stellenbosch (huiskomitee-lede, mentors, die Studenteraad, en so meer) word die woord “inklusiwiteit” dikwels gebruik.

My eerste gevoel is ook dat inklusiwiteit belangrik is, maar wat beteken dit nou presies? Wat beteken dit om ’n inklusiewe houding te bewerkstellig in Suid-Afrika?

Net soos met alle komplekse terme vermoed ek dat die definisie van “inklusiwiteit” ongelooflik baie vlakke en aspekte het.

Daar is twee belangrike dinge wat ’n mens moet verstaan ten opsigte van inklusiwiteit. Die een is dat inklusiwiteit met die universele verband hou. Die ander belangrike eienskap hou met die spesifieke verband.

Ek gaan die verband tussen hierdie twee probeer verduidelik en hopelik sodoende meer lyf gee aan wat ek glo inklusiwiteit beteken.

Die gemeenskaplike bewussyn

Een van die grootste verskille tussen Jung en Freud is Jung se begrip van die “gemeenskaplike bewussyn”. Volgens Jung is dit ’n bewussyn wat deur alle mense gedeel word as gevolg van ons evolusionêre geskiedenis.

Wat vir my verbasend is van hierdie “gemeenskaplike bewussyn” is dat ons dit dikwels teëkom in baie spesifieke stories. Die stories wat mense vertel oor hul spesifieke en baie persoonlike ervarings, is gewoonlik die stories waarmee die meeste mense identifiseer. Miskien identifiseer ons nie met die spesifieke storie nie, maar met die mees primitiewe elemente van die storie: die emosies en die karakterontwikkeling in hierdie stories.

Ons lees nou How to Read the Air deur Dinaw Mengestu in Engels.

Mengestu is ’n Amerikaanse skrywer. Hy is ook ’n immigrantskrywer en soms gee die temas van sy skryfwerk aanleiding tot die waarneming dat hy miskien ook geklassifiseer kan word as ’n Afrika-skrywer. Hy is in Etiopië gebore en het op twee jaar na Amerika geëmigreer.

Hoe ontdek ons wat hierdie “gemeenskaplike bewussyn” is? Ons kyk na die spesifieke. Ons luister na mekaar se spesifieke stories. Daar vind ons raakpunte.

Hy skryf dikwels oor identiteit. Hy was te “wit” vir die ander swart mense in sy skool as gevolg van sy aksent en hy was natuurlik te “swart” vir die wit studente.

Toe hy gedurende die massamoord in Rwanda in dié land was, het hy verkies om hom vir sy eie veiligheid as Amerikaans te identifiseer. Sy identiteit is dus vloeibaar. Hierdie vloeibaarheid van identiteit word ondersoek in sy verhaal.

Ons lees ook You Can’t Get Lost in Cape Town deur Zoë Wicomb. Dit is ’n boek wat ook oor identiteit handel, maar hierdie boek plaas die identiteitsdebat in die Suid-Afrikaanse konteks. Dit gaan oor die identiteitskrisis van ’n bruin vrou in Suid-Afrika wat ook ’n soort vloeibaarheid van identiteit ervaar.

Aletta Simpson.

Wanneer ’n mens na hierdie twee verhale kyk, sien jy presies die verskynsel van spesifieke verhale wat ons iets oor die “gemeenskaplike bewussyn” leer. Daar is baie ooreenkomste tussen die twee verhale. Albei hoofkarakters stoei met hul identiteit en hul verhouding met hul omgewing. Hulle het ervarings in verskillende omgewings, maar tog is daar iets aan hul ervarings wat dieselfde is. Mengestu verwoord hierdie verskynsel soos volg: “An immigrant narrative is no different from a human narrative.”

Ek glo dit is waar van alle verhale waarin mense ’n eerlike blik op hul spesifieke lewe en ervaring gee.

Dus, wanneer ons omgaan met inklusiwiteit, gaan ons bewustelik om met die “gemeenskaplike/universele bewussyn”. Hoe ontdek ons wat hierdie “gemeenskaplike bewussyn” is? Ons kyk na die spesifieke. Ons luister na mekaar se spesifieke stories. Daar vind ons raakpunte.

Net soos Mengestu se storie iets gemeen het met Wicomb se storie, so sal alle Suid-Afrikaners se stories ook iets gemeen hê met mekaar en ons moet moeite doen om dit te ontdek. Dit, volgens my, is een van die elemente van ’n inklusiewe denkwyse.

  • Aletta Simpson (20) studeer BA Geesteswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Brackenfell in die Kaap.
Meer oor:  Stellenbosch  |  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.