Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wat is dié 2 vroue se geheim?
Processed with VSCO with c7 preset
Marco Spaumer

Die lewe is vol geheime. Maar gun my hier die geleentheid om ’n paar van myne te verklap:

  • groentee;
  • ’n plantgebaseerde dieet,
  • rooiwyn,
  • Jesus,
  • om aan te hou groei en oopkop te bly, en
  • om gereeld te stap.

Nog ’n geheim: Ek het ál vyf seisoene van Grace & Frankie gebinge (oftewel ge-vraatkyk, maar dit klink darem alte erg en ongesond).

Dié Netflix-reeks volg twee vroue in hul laat 70’s wat tot verhaal moet kom nadat albei se mans hulle los . . . vir mekaar. Ek tel 65 episodes, van begin tot einde, en nie in een van daardie episodes kon ek my oë van Jane Fonda af hou nie.

Nog ’n geheim: Ek het ál vyf seisoene van Grace & Frankie gebinge (oftewel ge-vraatkyk, maar dit klink darem alte erg en ongesond).

Ná elke episode vra ek die skerm heimlik: Hoe onthou sy al daardie woorde? Wat eet sy? Seer sekerlik nie rooivleis nie. Of eet sy wraggies rooivleis? Drink sy net so baie rooiwyn soos ek? (Asseblief, sê my sy drink ook af en toe meer as wat sy moet!)

Ek google, kyk elke video-onderhoud van haar wat bestaan en maak ’n lysie wat ek teen my yskas plak – ek wil weet wat Jane se geheime is sodat ek ’n 80 kan slaan soos sy hom slaan.

Hoe kry hulle dit reg?

Daar is ook natuurlik ons eie Brümilda van Rensburg. Dié gewilde aktrise, en deesdae sitkom-superster van Lui maar op, Belinda, weet waarskynlik ’n ding of twee van oudword. Het julle haar onlangs gesien?

Daar moet ’n rivier vol geheime deur daardie gene vloei en as sy my sou toelaat, sal ek die helfte van my akteursalaris betaal om beter te weet, beter te wees.

LEES OOK: MARCO SKRYF: 'n Gebed vir die vroue in my lewe

Dit kan wees dat sy bloot net baie slim in haarself belê het – ’n loopbaan wat oor die 40 jaar strek en waarvan die dividende nou eers uitbetaal (jy kan allermins vir só lank in ’n bate belê en nie eendag ruim van sy rente af leef nie). Brümilda floreer te danke aan selfsorg se saamgestelde rente. Waar skryf ek in, en is rooiwyn een van die voordele?

Enigiets vir vrede

En aangesien ons nou op die trant van geheime-verklap is, kom ek bieg sommer oor nog ’n ding of twee: Ek sal enigiets en alles minstens een keer probeer om interne en eksterne vrede te verkry.

Ek sal ’n afspraak by ’n terapeut maak, ek sal my sinkpilletjies en lisienaanvullings drink (vir daardie koppige koorsblare), ek sal ’n jogaklas bywoon en fietsry, ek sal keto vir 30 dae aaneen en ’n menigte apps gebruik om my angstigheid te bestry. Opsommend: Ek’s geheel en al hier vir ’n gesondheidsgier.

Wil ’n mens regtig lank genoeg lewe om nog meer haat en nog meer geweld te ervaar?

Ek wil oplet en aandag gee aan hoe hierdie twee vroue lewe. Ek sal ’n dubbel neem van wat ook al hulle bestel het en dan kan jy sommer die wyser op die horlosie ook stadiger laat loop. Natuurlik moet ons onsself afvra of dit ’n seën of ’n vloek is om baie oud te word – wat van ’n mens se finansies? (Volgens die slimmes is dit moontlik om jou pensioen of aftreefonds binne 20 jaar van aftrede op te gebruik!)

Wil ’n mens regtig lank genoeg lewe om nog meer haat en nog meer geweld te ervaar? En wil ’n mens rondhang om te kyk of aardverwarming net ’n skinderstorie was, of eintlik die aarde se siek, swaar geheim?

So wil ek op 80 lyk

’n Mens kan seker maar jou lys vol geheime hê, maar niemand van ons weet wanneer ons nie meer hier gaan wees nie. Tog, as ek 80 haal, moet dit na ’n baie slim belegging lyk wat 40 jaar gelede gemaak is, wat uiteindelik uitbetaal. 

 Ek wil al my woorde onthou, ek wil selfversekerd kan flirt, ’n zol kan rook of ’n glas rooiwyn drink, ek wil lank op die strand kan stap vóór of ná kerk.

Ek wil al my woorde onthou, ek wil selfversekerd kan flirt, ’n zol kan rook of ’n glas rooiwyn drink, ek wil lank op die strand kan stap vóór of ná kerk.

Ek wil hê 80 moet so gaaf met my wees soos dit gaaf met Jane is. Dan sal ek eendag, op my oudag, ’n glasie op haar en Brümilda klink en dink: “Brüms, jul geheim is veilig by my.”

  • Marco Spaumer (25) is 'n akteur en gasskrywer vir Die Student. Hy is tans in die kykNET-sepie Suidooster te sien. Hy is tans in die kykNET-sepie Suidooster te sien. Hy het musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer en het groot geword "bietjie all over" van Limpopo tot Gauteng en ook in die Vrystaat. "My kinderjare lê so deur die land versprei."
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.