Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wees bewus van jou eie bevoorregting
Caitlin Kotze
Caitlin Kotze

Ons kla so maklik oor die dinge wat ons nie het nie en ons vergeet van die dinge wat ons wel het.

Dít is al waaroor dit gaan: om bewus te wees van ons eie bevoorregting. ’n Generasie of twee terug was van dié voorregte nie eens naby aan ’n moontlikheid vir iemand van kleur nie.

Dié stuk word geskryf vir die vrygebore generasie, wat met die silwerlepel in die mond gebore is, maar wat dit steeds nie juis wil raaksien nie.

Dit gaan hier oor die bestaan van jou bevoorregting en die feit dat sommige mense sekere voordele en voorregte het op grond van wie hulle is. En dit is belangrik dat mense dit erken.

Skep ’n bewustheid

Dit gaan nie daaroor om iemand te verneder of skuldig te laat voel oor sy of haar omstandighede nie, maar eerder om ’n bewustheid te skep vir die voorregte wat wel bestaan in die hoop dat mense besef almal is nie in dieselfde posisie nie.

Bevoorregting kom in verskillende vorme, met die finansiële aspek wat seker die prominentste is en gegewe ons land se geskiedenis, loop ongelykheid op die rasselyn.

Ons generasie – die vrygeborenes – het nog skaars enige aandag gegee aan die vreemde konsep van bevoorregting en niemand praat ooit daaroor nie. Onlangse gebeure op die Stellenbosch-kampus, het my oë oopgemaak vir hoe blind ons nog die hele tyd was . . .

LEES OOK: 'Cyril, ek het matriek op ’n leë maag geskryf'

Een middag, terwyl ek saam met ’n vriend middagete eet, kon hulle nie die kos klaar eet wat hulle in die Neelsie gekoop het nie. Hulle het dit net so sorgeloos in die asblik gegooi sonder om twee keer daaroor te dink.

Ek het gevra of hulle klaar geëet het, waarop hulle “nee” geantwoord het. En ek het so by myself gedink: “Hoe bevoorreg is ons nie?”

Ek het maar eerder niks gesê nie. Bevoorregting in dié geval is om nie enigsins bewus te wees van waarheen daardie kos moontlik kon gaan nie.

Baie Suid-Afrikaners en selfs van ons klasmaats sukkel met honger, maar dit word amper nooit raakgesien nie.

Baie Suid-Afrikaners en selfs van ons klasmaats sukkel met honger, maar dit word amper nooit raakgesien nie.

Ek dink aan die tye wat my ma my van haar lewe vertel het en hoe haar doelwitte deur haar omstandighede gedryf is. Sy het my vertel van nagte waarin sy en haar vier susters honger gaan slaap het.

Almal se omstandighede verskil

Terwyl sy op universiteit was, het sy nie op kampus gebly nie. Sy het ver van die kampus af in ’n studentehuis gebly.

Die huis was ’n hele voorstad weg van die Universiteit van die Wes-Kaapland. As daar nie busse of taxi’s op daardie roete was nie, moes sy al daardie kilometers stap. Die verblyf op kampus is gereserveer vir wit studente en haar ouers kon nie ’n kar bekostig nie.

Ek is tans ’n derdejaarstudent en studeer BA Internasionale Studies. Ek het nog nooit in ’n koshuis gebly nie.

Toe ek hoor dat die universiteit gaan begin geld vra vir sy pendeldiens, was ek woedend. Nie omdat dit my raak nie, maar omdat die student wat daarvan gebruik maak, duidelik nie sonder die diens kan klaarkom nie.

Ek bly tans by die huis en ry elke dag in en uit. Ek is wel bevoorreg genoeg om taamlik naby aan die kampus te bly en om elke aand huiskos te eet.

Dit is verstaanbaar dat almal se omstandighede verskil. My ma, aan die ander kant, het nie die opsie gehad om by die huis te bly en in en uit te ry nie, want sy kom van ’n klein dorpie buite Kaapstad, soos baie ander studente.

Toe ek hoor dat die universiteit gaan begin geld vra vir sy pendeldiens, was ek woedend. Nie omdat dit my raak nie, maar omdat die student wat daarvan gebruik maak, duidelik nie sonder die diens kan klaarkom nie.

Hierdie student is nie in die mees bevoorregte posisie nie en die feit dat die universiteit geld vra vir die diens wat gratis is op ander kampusse is bloot belaglik.

Help dié wat dit nodig het

Die studente wat van hierdie dienste gebruik maak, is meestal studente van gemarginaliseerde groepe. Die stemme van dié wat tussen die groot groepe val, is net so belangrik soos die massas.

Sekere kwessies is dalk nie regstreeks op jou van toepassing nie, maar die feit dat jy begrip toon vir dit waardeur jou medestudente gaan, gaan dalk verder as wat jy besef.

Sien jou eie bevoorregting raak. Aanvaar dit. En help nou diegene wat die ondersteuning nodig het.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.