Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wees trots op ons taal
Annami den Heyer.

“Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son.”

Afrikaans.

Die taal waarop ons trots is, maar ook die taal waaraan daar soveel afbreuk gedoen word.

Vir baie mense is Afrikaans soos hul skoonfamilie: Jy is baie lief vir hulle, maar jy gaan kuier ook maar net by hulle as dit Kersfees is.

Ons wat Afrikaans praat, moet besef hoe veelsydig ons taal is. Ons moet ophou om flou verskonings te soek om gemengde taal te gebruik. Jy kan nie vir Afrikaans baklei as jy in dieselfde asem “yes” en “okay” gebruik nie.

Daar word jaarliks baie lirieke in Afrikaans geskryf. Die uniekheid van Afrikaans word in hierdie lirieke vasgevang.

En ek praat nie van oppervlakkige liefdeslirieke soos “Baby Tjoklits” nie.

Hoop vir Afrikaans

Ons moet begin hoop vir Afrikaans, eerder as om dit ’n onreg aan te doen.

Baie Voortrekkers het kaalvoet oor berge geloop om vir ons die vryheid van taal te gee en nou bou ons mure om ons taal met die gebruik van verskriklike anglisismes en afkortings.

LEES OOK: NWU: Ons versmoor Afrikaans onder die vaandel van vooruitgang

Ons moet ons kinders die geleentheid gee om ’n liefde vir Afrikaans te ontwikkel.

In geen taal kan mense hulle uitdruk soos wat mens in Afrikaans kan doen nie.

LEES OOK: Taalskande in die onderwys

Afrikaans moenie alternatief wees nie, dit moet die eerste opsie wees!

Ons moet trots wees op ons taal.

So trots as wat ons is as die Springbokke die All Blacks wen, so trots moet ons op Dalene Matthee se Fiela se kind en Etienne Leroux se Die eerste lewe van Colet wees.

Die passie vir die taal

Afrikaans is nie ’n wiskundesom wat deur wiskundiges opgelos moet word nie, dis ’n oeroue tradisie wat soekers elke dag nog ontdek.

Daarom moet ’n Afrikaansonderwyser die passie vir die taal in die klas kweek.

LEES OOKAfrikaans: Een maal geëet, nimmer vergeet

Nie net moet hy/sy sinskonstruksie verduidelik nie, maar die klaskamer in ’n taaltuig van inspirasie verander.

Kinders is Afrikaans se toekoms.

Kom ons glo in Afrikaans en onthou die asseblief en amen daaragter.

  • Annami den Heyer (19) studeer BComm Regte aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy is 'n inwoner van Eikenhof dameskoshuis en sy kom oorspronklik van Rhodes in die Oos-Kaap af.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Klik hier.

Meer oor:  Menings  |  Afrikaans  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.