Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Werkloosheid vernietig die siel'
Kananelo Mokoena
Kananelo Mokoena

Baie van ons het ná matriek gaan studeer om ons lewe te verbeter. Dan raak jy opgewonde om uiteindelik klaar te wees, want jy wil begin werk.

As jy dan egter nie werk kan kry nie, nadat jy hard gestudeer het en opofferings gemaak het, maak dit jou depressief.

Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is baie hoog. As jy aansoek doen vir werk, is die kans baie groot dat jy nie werk gaan kry nie.

Ek het gaan studeer om my familie se lewe te verbeter.

Die dag van my gradeplegtigheid is ’n spesiale dag, want dit is ’n groot prestasie.

Maar baie studente sit sonder werk en om werk te soek, is nie maklik nie. Jy doen aansoek, jy kry al jou nodige dokumente agtermekaar en stuur jou aansoek in met geld wat jy sukkel om bymekaar te skraap.

Maar dit werk net nie uit nie.

Demoraliserend

Jong mense ly aan depressie. Soms lei dit selfs tot mense wat hul eie lewe neem omdat hulle nie werk kry nie. Om by die huis te sit met ’n kwalifikasie terwyl niemand jou wil aanstel nie, is ongelooflik demoraliserend.

Jy het gaan studeer met die hoop dat jy jou familie uit armoede kan help, maar nou sit jy met depressie. Jy voel hulpeloos en om dan te sien hoe jou familie ly, maak jou net meer moedeloos.

LEES OOK:'Dis uitputtend om 'n student te wees'

Sommige studente begin in sulke gevalle hul eie ondernemings, maar daarvoor het ’n mens ook geld nodig.

Jy moet ’n voorlegging doen vir mense wat moontlik vir jou finansiering kan gee, maar meestal stel hulle nie belang nie. En dan sit jy weer in sak en as.

Waar moet ons ervaring kry?

Werkloosheid vernietig die siel. Veral as jy sien dat mense wat saam met jou geswot het, al ver in die lewe gevorder het en jy voel asof jy in ’n doodloopstraat sit.

Wat my veral moedeloos maak, is dat ’n mens boonop aansoek doen vir ’n werk en dan soek die instansie twee tot vyf jaar se ervaring.

Wat my veral moedeloos maak, is dat ’n mens boonop aansoek doen vir ’n werk en dan soek die instansie twee tot vyf jaar se ervaring. Dit is nie regverdig nie!

Dit is nie regverdig nie!

Waar moet ons ná universiteit daardie ervaring opdoen?

Ek hoop dit verander, want ons almal wil ’n verskil in ons huishoudings maak.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.