Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wie gaan ons jong mense lei?
Breyton Cupido
Breyton Cupido

Met Suid-Afrika wat bykans weekliks ’n tragedie beleef, wonder ’n mens wie die volgende generasie gaan lei en of ons eens daarby sal uitkom.

Jong mense word die hardste getref deur die besluite wat deur die regering en die land se leiers geneem word. Is dit rêrig in die belang van ons toekoms, of word ons net gepaai deur die een of ander “aksieplan”?

Die werkloosheidsyfers is 29%, wat die vooruitsigte vir jong mense maar swak laat lyk. Dalk is dít die antwoord op baie vrae.

Dit wil voorkom ons is nie besig genoeg nie, wat ’n rimpeleffek het. Ons sien xenofobiese geweld, toenemende misdaad, verslawing. Mense is gefrustreerd.

Is ons nie dalk ’n samelewing wat konstant gevoer moet word nie? As ons dít pak, sal dinge dalk beter word, maar ’n mens wonder of die regering dit ooit raaksien omdat hulle min doen om verandering te bewerkstellig.

Wie stel ’n goeie voorbeeld?

Daar is maar min wat ons kan opnoem en daarom moet ons ingryp om die volgende Nelson Mandela en ander soos hy te vorm sodat die wêreld weer respek vir ons het. As ons kyk na die leiers wat nou die voorbeeld moet stel, word hulle gekenmerk deur korrupsie en wanbestuur. Dit blyk dat elkeen net vir homself sorg en nie vorentoe wil beweeg nie.

Dit blyk dat elkeen net vir homself sorg en nie vorentoe wil beweeg nie.

Ons moet saamstaan om verandering teweeg te bring, maar die vraag is, hoe? Die antwoord was nog altyd sterk leierskap.

Suid-Afrika het leiers nodig wat die pas aangee en mense hoop gee, veral jong mense, dat daar ’n visie is om almal se lewe te verbeter. Die tyd vir mooipraatjies en min aksie is verby, daar moet nou meer gedoen en minder gepraat word. Daar was nog nooit resultate sonder harde werk nie.

LEES MEER: Gaan Cyril sy beloftes nakom?

Ons moet mekaar se hande neem en mekaar help om die vooruitsigte in Suid-Afrika te verbeter.

  • Breyten Cupido (21) het BA Geesteswetenskape met politieke wetenskap, sosiologie en engels aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy bly in Kraaifontein. 
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.