Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Wié is die (hawelose) mense wat so vermoor word?
Almie Van Rooyen-King
Almie Van Rooyen-King

Die nuushooftrekke praat van ’n vyfde lyk. ’n Lyk. Geen name te vinde nie.

Ek werk die laaste ruk tot twaalfuur die nag in die biblioteek en ry verby Magnoliadal huis toe. Op een van daardie aande op pad huis toe kon iemand dalk ’n paar meter van my af sy laaste vreesbevange asem uitgeblaas het. Alleen in die koue en vergete in die hoofstroomsamelewing.

Wie is vermoor?

Hawelose mense. Mense met waarde. Die media gly so vinnig daaroor, dis maklik om te mis. Wie het sy laaste asem alleen uitgeblaas? Oor wie se lewe treur ons? Die hawelose gemeenskap rou oor vriende; goeie mense wat hulle verloor het terwyl hulle tussen vrees en magteloosheid vasgevang is.

Gewoonlik vertel die media vir ons wie is vermoor, ontvoer of aangehou . . . Ons lees wat hulle in hul gemeenskappe beteken het, hul status, hoeveel kinders hulle gehad het, eggenote, ouers. Al wat ek lees van die onlangse slagoffers is die status wat die samelewing aan hulle toegeken het: Haweloos.

Wayne Renkin van die Tshwane Leadership Foundation het dit so duidelik aan joernaliste gestel: Die samelewing beskou hulle as tweedeklaslandsburgers, selfs soms minder as hulle onwettig in die land is. Mense wat bestaan maar nie regtig ? invloed het op ons lewe of naby ons hoë mure kom nie.

Haweloosheid is ’n probleem, maar dis nie ons probleem nie. Selfs die regering laat dit net oor aan maatskaplike inisiatiewe, maar doen niks self daaraan nie.

Haweloosheid is ’n probleem, maar dis nie ons probleem nie. Selfs die regering laat dit net oor aan maatskaplike inisiatiewe, maar doen niks self daaraan nie.

Media fokus op die geweld

Die geweld en moontlikheid van ’n reeksmoordenaar is waarop die media fokus en nêrens, nie eens in kommentaar op die berigte, kon ek een persoon sien vra wie die slagoffer was nie.

Dalk wil die polisiebeamptes nie die name openbaar maak nie. Ek kon dit ook nêrens kry nie, maar hoekom vra niemand eens vir die name nie? Is ons meer gepla oor die geweld as die lewe wat op so ? gewelddadige manier tot ’n einde gekom het?

Daar is artikels oor wat presies ’n reeksmoordenaar is en wat moontlik die motivering en ingesteldheid van die moordenaar kan wees.

LEES MEER: Word wakker! Ons aarde is besig om dood te gaan

Artikels oor die taakspan wat gestig is.

Artikels wat amper nuttelose advies gee aan die hawelose mense dat hulle nie die volgende slagoffer sal wees nie. Amper as ’n voetnota word vertel van ’n hawelose man wat op ’n slagoffer afgekom het, ’n vriend, iemand langs wie hy al geslaap het. Iemand wat ’n slagoffer beskryf as ? vriendelik mens wat geen kwade bedoelinge gehad het nie.

Wie is vermoor? ’n Hawelose persoon of ’n waardelose persoon? Ek wil weet wie se geliefde seun, broer, pa of vriend dit is. Dit is ’n lewe wat tot ’n einde gekom het, ’n hart wat opgehou klop het.

  • Almie van Rooyen-King is 'n meestersgraadstudent aan die Universiteit van Pretoria en spesialiseer in Suid-Afrikaanse kerk geskiedenis. Sy het skool klaar gemaak in Rustenburg en bly van toe af in Pretoria. Sy het 'n passie vir jeug ontwikkeling en glo "môre is in die hande van vandag se jong mens".
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat?Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.