Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Word wakker! Ons aarde is besig om dood te gaan
K
Elani Nell

Die inleiding kan op twee maniere geskryf word, een positief en een negatief.

Dis die jaar 2039. Ek is 42, ek is ’n illustreerder en natuurfotograaf en ek is gelukkig. Die lug is blou en die voëltjies sing.

Of: Dis die jaar 2039, ek kan nie meer uit my huis uit gaan nie en mense oor die wêreld heen dra maskers teen lugbesoedeling. Ek onthou nog die dae toe daar blommetjies was en blou lug. Nou is alles grys en mense sterf by die dag weens die besoedelde lug.

Die toekoms, jou toekoms, hang totaal en al van jou en jou gewoontes af. Maar jy koop mos net een plastieksak, gebruik net een plastiekstrooitjie as jy uiteet, en die six pack-waterbottels wat jy koop vir jou bosnaweek is mos net een keer in ses maande. So hoe kan jy die aarde besoedel? Jy doen mos nie so baie soos die ander mense en ander lande nie?

Die aarde gaan dood

Ons aarde is besig om dood te gaan. Die planeet ly aan ’n verskriklike kanker en ons is so gemeen en selfsugtig om dit net te ignoreer en die chemo weg te sluit in ’n groot plastiekkas.

Ek is so moeg vir mense wat sê dat dit nie so is nie en dat ons ’n verskil kan maak.

Ek is so moeg vir mense wat sê dat dit nie so is nie en dat ons ’n verskil kan maak. Kyk, ek glo 100% dat ons nog die saak kan omdraai, maar ek is ook seker daarvan dat ons dit nie kan doen deur net te praat daaroor nie. Nes liefdadigheid, begin die aarde se gesondheid en versorging by die huis. Sorg vir die natuur en die natuur sorg vir jou – maar duidelik verstaan baie mense dit nie.

Oor 20 jaar van nou af wil ek nie ’n masker dra nie. Ek wil nie berou hê en sê, “as ek maar net meer gedoen het toe ek jonger was”, nie. Ons almal deel duisende plasings op sosiale media wat skree RED DIE AARDE, maar terselfdertyd sit ons terug en dink ek het mos nou my deel gedoen.

LEES MEER: 'Help ons om die aarde te red'

Nee, jy het nie. Jy het ’n share-knoppie gedruk. Mooi vir jou, jy maak ander mense bewus daarvan dat ons aarde sterf.

Maar wat gaan jy daaraan doen? Gaan jy toekyk hoe dit gebeur of gaan jy begin afskaal aan jou huishouding se plastiekgebruik? Gaan jy bome plant en papiere optel? Of gaan jy soos 90% van al die mense dink: ag, daar is klaar mense wat hulle daaroor bekommer, hoekom moet ek ook?

In 2039 wil ek hê die jeug moet kan wildtuin toe gaan, moet kan see toe gaan en moet kan skool toe gaan.

In 2039 wil ek hê die jeug moet kan wildtuin toe gaan, moet kan see toe gaan en moet kan skool toe gaan.

Dit klink simpel, want ons kan dit mos nou al doen, so hoe is dit ’n wens vir die toekoms?

’n Onlangse studie oor die gehalte van skoon lug het bewys dat die lug die giftigste is in Mpumalanga, meer spesifiek in die Witbank-omgewing. Voordat jy iets sê daaroor wil ek vra wanneer laas jy deur Witbank en selfs Middelburg gery het. Dit is ’n steenkoolgat. Ons lug lyk asof dit ’n goeie was nodig het en ek wil nie eens weet hoe lyk my longe nie. Besoedeling van ons Moeder Aarde, gaan nie net vir háár kanker gee nie.

Tussenkop

Ek ry terug huis toe van Pretoria af, die N4 is grys. Dalk is my vrees van gasmaskers en ’n grys wêreld nie so onrealisties nie? Kyk mooi na hoe jou tuin lyk, want as ons aangaan soos ons tans aangaan, gaan jy dit mis om blomme te sien.

Die einde hang van jou gewoontes af. Die slot wat ek nie wil hê nie, wat hartseer is vir my en my aarde klink soos volg: Dis 2039. Ons almal sit maar en wag vir die aarde om finaal dood te gaan. Ek kan nie glo wat ons gedoen het nie.

Ons almal sit maar en wag vir die aarde om finaal dood te gaan.

Ek verkies my slot eerder so: Ek ry met my fiets huis toe, ek sien hoe ’n ma en haar dogtertjie in die tuin speel en blomme pluk. Die pad is donker en sprokiesagtig onder die bome wat hoog bo oor die pad in mekaar in groei. En ek dink by myself, wat ’n wonderlike wêreld!

Ek hoop die aarde is tans net in ’n oorgangsfase en dat ons as die kragtigste spesie die planeet kan deurtrek en kry op ’n plek waar sy gelukkig sal wees en sal kan blom.

My kinders verdien dit ook om die wildtuin en see te kan sien.

  • Elani Nell (21) studeer inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Middelburg in Mpumalanga.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is deel van Die Student se rubriek-kompetisie waar ons vir studente gevra het om te skryf oor die Suid-Afrika wat hulle oor 20 jaar wil sien en hoe die jeug kan help om by dié droom uit te kom. Die kompetisie is in samewerking met die Universiteit Stellenbosch aangebied ter viering van Jeugdag.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Diestudentjeugdag  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.