Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Xsê, ek weet nie vir wie om te stem nie'

Die slagspreuk vir vanjaar se algemene verkiesing is “X-sê” (ek sê).

Wel, ek sê, ek weet nie vir wie om te stem nie.

Henri Uys.
Henri Uys.

My probleem met hierdie jaar se verkiesing is veelvoudig. Ek dink daar is te veel partye wat verkiesbaar is, politieke leiers maak allerhande beloftes en daar word klem gelê op verkeerde maatskaplike kwessies.

Vanjaar word daar baie klem gelê op grondhervorming. Partye probeer mekaar uitoorlê rakende grondhervorming en probeer sodoende meer stemme werf.

’n Veel groter kwessie wat ek dink die aandag van partye behoort te geniet, is werkloosheid, veral onder die Suid-Afrikaanse jeug.

 LEES OOK:  ‘Is dit nog die moeite werd om te gaan stem?’

Baie gegradueerdes sit met ’n kwalifikasie, maar hulle sukkel om werk te kry.

Gevolglik is baie studente bekommerd dat hulle eendag nie werk sal kan kry nie, al verwerf hulle kwalifikasies.

Die gevolg is dat jong mense die land kan verlaat om iewers anders werk te gaan kry. Só gaan potensiële vaardighede verlore.

Partye behoort te fokus om maniere om werkloosheid te verminder en sodoende die ekonomie te versterk.

Allerhande beloftes word gemaak

Nog ’n kwessie wat ek dink aandag behoort te geniet, is Suid-Afrika se hoë misdaadsyfer. Tot dusver het ek nog nie enigiets gehoor oor maniere hoe misdaad verminder kan word nie.

Politieke leiers maak allerhande beloftes wat hulle beloof om na te kom indien hulle die verkiesing sou wen.

Dit is vanselfsprekend dat leiers sulke stellings gaan maak om kiesers te oorreed om vir hulle te stem.

Ek kry armer Suid-Afrikaners jammer omdat sekere partye die swak ekonomiese omstandighede van kiesers probeer uitbuit.

Maar ek kan nie help om te wonder hoeveel van daardie stellings en beloftes werklik gaan realiseer nie.

Hoeveel van daardie beloftes is maar net mooipraatjies om die harte van kiesers uit te buit?

Ek kry armer Suid-Afrikaners jammer omdat sekere partye die swak ekonomiese omstandighede van kiesers probeer uitbuit.

Beloftes word gemaak dat mense uit armoede bevry sal word, maar wanneer die resultate bekend word en die party neem beheer, gaan daardie beloftes nagekom word?

Daar is te veel partye

Ek dink daar is te veel partye wat verkiesbaar is. Volgens die Verkiesingskommissie se webtuiste is 288 partye landwyd geregistreer.

Hierdie groot getal partye gaan veroorsaak dat stemme baie verdeel word. Baie kiesers stem vir kleiner partye.

Die gevolg is dat daar in sekere gebiede geen meerderheidsteun gaan wees nie.

Partye gaan dan koalisies moet vorm, soos wat gebeur het in Tshwane met die vorige munisipale verkiesing.

My hoop is dat ’n party my sal oortuig om vir hulle te stem. Op die oomblik verdien geen party my stem nie.

Koalisieregerings bring allerhande uitdagings daarmee saam omdat partye verskillende sienings en doelwitte het, wat nou vereis dat kompromieë gemaak moet word sodat die partye kan saamwerk.

Ek sal graag wil stem in hierdie jaar se verkiesing omdat my stem die potensiaal het om ’n verskil te maak.

My hoop is dat ’n party my sal oortuig om vir hulle te stem. Op die oomblik verdien geen party my stem nie.

  • Henri Uys (21) studeer LLB aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook die sportredakteur van UP se studentekoerant PDBY (voorheen die Perdeby). Hy kom oorspronklik van Pretoria.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
  •  Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.