Verbasend en verstommend. Dís hoe ’n mens die nuus moet begroet wat die ANC onlangs aangekondig het dat hy deur die 1,4 miljoen-kerf gebreek het wat ledetal betref. Dit is die hoogste ingeskrewe syfer wat die ANC aangeteken het sedert hy hom omvorm het tot ’n volwaardige politieke party.