Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Aanklagte kan deurslaggewend wees in politiek
 Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu
Benjamin Netanyahu vroeër in Oktober. Foto: Reuters

Benjamin Netanyahu, die Israeliese premier, is een van daardie politici oor wie mense óf buitengewoon positief óf skerp krities is.

Soos ook die geval is met byvoorbeeld pres. Wladimir Poetin van Rusland en pres. Donald Trump van Amerika, is Netanyahu se politieke styl polariserend, om teenstellings te verskerp en nie om brûe te bou of mense met mekaar te versoen nie.

Die korrupsieaanklagte wat die Israeliese vervolgingsgesag pas teen Netanyahu ingedien het, kry daarom heftige verset van sy aanhangers, maar lok terselfdertyd luide gejuig uit van sy teenstanders.

Die klagte self is nie gering nie. Hy sou glo allerlei gunste aan ’n gerespekteerde koerant en ’n nuuswebwerf aangebied het in ruil vir gunstige nuus oor hom.

Natuurlik is Netanyahu onskuldig totdat die vervolgingsgesag sy skuld bo alle redelike twyfel in ’n onpartydige, openbare hof bewys het.

Natuurlik is Netanyahu onskuldig totdat die vervolgingsgesag sy skuld bo alle redelike twyfel in ’n onpartydige, openbare hof bewys het. Maar die politieke konteks waarin die kwessie plaasvind, maak hom kwesbaarder as wat hy andersins sou gewees het.

Israel gaan binnekort waarskynlik vir die derde keer in ’n jaar ’n algemene verkiesing hou. Die uitslae van die vorige twee verkiesing het geen duidelike meerderheid opgelewer nie en verskeie pogings om ’n koalisieregering te smee, het misluk. In dié omstandighede is die kans groot dat die drie korrupsieklagte in die oë van genoeg kiesers aan hom kan bly kleef.

Dit is natuurlik altyd moontlik dat hy onskuldig bevind kan word, maar dan is die verkiesing lank­al verby en die groot vraag is in welke mate dit sy politieke steun kan beïnvloed.

Netanyahu se konserwatiewe Likoed-party kry taamlik groot steun in die samelewing en veral dié groep sal waarskynlik agter hom bly staan, net soos sy teenstanders ook nie maklik van mening sal verander nie.

Dit gaan dus om die vlottende stem in die politieke sentrum, mense wat vir oortuiging en beïnvloeding vatbaar is.

In ’n peiling verlede week is bevind dat Benny Gantz se gematigde Blou-en-Wit-party die enkele grootste groep sou wees, met Likoed ’n kortkop agter. Maar steeds geen meerderheid nie. Dié peiling is gedoen voordat die korrupsieaanklagte bekend was. Die aanklagte kan dus deurslag­gewend word.

Meer oor:  Benjamin Netanyahu  |  Israel  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.