Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: ANC-betaling vir Zim-vlug maak nie alles reg
Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Deaan Vivier

Wantrouige Suid-Afrikaners sal moeilik byt daaraan dat die ANC se nederige belydenis dat alles met sy lede se saamreisery op ’n lugmagvliegtuig na Zimbabwe nie pluis was nie, uit ’n nuutgevonde moraliteit in die party spruit.

Dit is tog ’n tree weg van die gewone arrogante onaantasbaarheid.

Die keersy is dat dié vergryp, waar ANC-lede op staatskoste met Zanu-PF gaan beraadslaag het, nooit moes gebeur het nie. Die skoorvoetige ver­skoning – in die laaste paragraaf van die verkla­ring van Ace Magashule, leier van die afvaardiging – oor die “ongewone wyse waarop gereis is”, kom slegs ná die media en opposisiepartye se alarm­seine en misnoeë onder Suid-Afrikaners wat sat vir magsvergrype, korrupsie en leë beloftes is.

As sodanig, is dit ’n politieke maneuver in skade­beheer, wat ook die beloofde terugbetaling deur die ANC-ampsdraers aan die regering geld.

En mooi so dat die afvaardiging se lede hulle aan selfisolasie gaan onderwerp, meestal teen ’n hoë regeringsalaris, maar die verhewenheid bo inperkingsmaatreëls spreek vanself.

Dit bly onbeantwoord waar die vergoeding vandaan gaan kom en hoe en hoeveel betaal gaan word vir die vlug wat luidens berigte van Luthuli-huis gereël is. Skamele randjies per sitplek gaan nie deug nie. Die vlug van die Falcon 900 pleks van die Falcon 50 wat die minister van verdediging en mili­têre veterane gewoonlik gebruik, jaag belasting­betalers sowat R336 000 uit die sak, sê ’n kenner van SA Lugmag-sake (in ’n News24-berig).

En mooi so dat die afvaardiging se lede hulle aan selfisolasie gaan onderwerp, meestal teen ’n hoë regeringsalaris, maar die verhewenheid bo inperkingsmaatreëls spreek vanself.

’n Merksteen vir tugoptrede teen hoë ANC-lede, soos pres. Cyril Ramaphosa twee weke gelede belo­we het, sou sy stappe wees teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister en een van die langsdienen­de ANC-lede op wie se wagbeurt die ongerymdheid gebeur het. Daar is net een uitweg.

Ramaphosa se hand in die openbare erkentenis is wel te lese. Hy kan gerus die verslag wat van Mapisa-Nqakula oor die vlug aangevra is, in die belang van deursigtige staatsbestuur bekend stel.

Die ANC het nog ’n toets gedop, maar hoe die ratte gedraai het om boetedoening af te dwing, is ’n klein sege in die stryd vir ware demokrasie.

Die pad na ’n kultuur van gewisse skeiding tus-sen staat en party, ook as wig teen korrupsie, in Suid-Afrika gaan lank en duur gekoop wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.