Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Kommentaar: Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Dr. Hage Geingob

Die oorwinning wat Swapo in verlede week se algemene verkiesing in Namibië behaal het, laat ’n mens dink aan die bekende uitspraak toegeskryf aan die Britse historikus en politikus lord Acton: “Mag neig om te korrumpeer, en absolute mag korrumpeer absoluut”.

Swapo is al sedert Namibië se onafhanklikwording in 1990 aan die bewind, en dit is vir enige gesonde demokrasie eenvoudig te lank.

Inderwaarheid het Swapo – nes sy susterorganisasie, die ANC – uiteindelik korrup en magsbelus geraak. Anders as die ANC, het die party hom ná onafhanklikheid taamlik reggeruk en Namibië relatief goed geregeer.

Maar enige party wat sy hande te lank op al die magshefbome hou, word onvermydelik mettertyd korrup. Dit was ook die geval met Swapo, wat toenemend in allerlei skandale verwikkel geraak het.

Die Namibiese kiesers het nou ’n duidelike waarskuwing aan Swapo gerig. In die presidentsverkiesing het pres. Hage Geingob se steun van 87% tot 56,3% gedaal. In die parlementêre verkiesing het Swapo se seteltal van 77 (uit die 99 beskikbare setels) tot 63 getuimel.

Swapo is weliswaar nie huis toe gestuur nie. Die kiesers het besluit om die party nog ’n kans te gee.

Swapo is weliswaar nie huis toe gestuur nie. Die kiesers het besluit om die party nog ’n kans te gee. Sy beeld as brenger van onafhanklikheid het nog ’n bepaalde momentum gehad.

Maar die party het wel geskrik. Geingob se belangrikste opponent, Penduleni Itala (wat 29,4% van die stemme getrek het), kom uit Swapo voort, en dit is ’n duidelike teken aan die muur.

Daar is groot ooreenkomste tussen Namibië en Suid-Afrika.

Albei lande word geregeer deur ’n party wat steeds deur die meeste burgers as die brenger van vryheid en demokrasie beskou word, ondanks hul swak prestasie as regeerders.

Die wortels van baie van wat sedertdien in sowel Namibië as Suid-Afrika skeefgeloop het, kan inderdaad tot die struggletyd in albei lande teruggevoer word. Albei het te make met ’n regering wat meen die geskiedenis gee hulle die reg om permanent te regeer. Dis bepaald nie die geval nie

Want, soos die Namibiërs se waarskuwing aan Swapo impliseer, word van hulle verwag dat hulle beter moet doen. En die ANC weet dit hopelik ook.

Meer oor:  Penduleni Itala  |  Regeer  |  Swapo  |  Politiek  |  Regering  |  Bevryders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.