Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Britse oë op Boris-uitspraak
Boris Johnson. Foto: Getty Images

’n Uitspraak van die Britse hooggeregshof vroeg vandeesweek kan ’n belangrike nuwe hoofstuk tot die land se ongeskrewe grondwet voeg.

Die saak is aangespan nadat Boris Johnson, Britse premier, die parlement vyf weke lank geprorogeer het. Die vraag waaroor die 11 regters moet besluit, is of Johnson die grondwet oortree het en of hy die reg gehad het om dit te doen.

Die advokate wat namens Johnson opgetree het, het aangevoer dat die premier die Britse koningin ’n nuwe troonrede wou laat hou. In sulke omstandighede is dit normaal dat die parlement ’n sekere tyd geprorogeer word.

Bowendien, sê hulle, is die prorogering van die parlement ’n politieke saak. En in die Britse staatsreg het die howe geen rol of sê in sulke sake nie.

Daarteenoor het die ander kant betoog dat Johnson se doel in der waarheid is om die parlement te keer om sy oorsigrol oor die uitvoerende mag uit te oefen.

Dit gaan veral daarom dat die parlement mag oor die voortslepende Brexit-proses verkry.

Dit gaan veral daarom dat die parlement mag oor die voortslepende Brexit-proses verkry.

Hulle het aangevoer kragtens die grondwet is die parlement soewerein en is sy taak om die uitvoerende gesag voortdurend te kontroleer. Die vyf weke lange prorogering maak inbreuk op dié liggaam se regte en pligte.

Waaroor die regters dus moet besluit, is of Johnson die waarheid praat as hy sê die prorogering het met die voorbereiding vir die troonrede te make en of dit in der waarheid oor Brexit gaan, soos die ander kant aanvoer.

Dieper bekyk, gaan dit hier eerder oor die vraag wie die kitaar in Brittanje slaan – die premier of die parlement.

Dis heeltemal onmoontlik om te weet wat die regters gaan besluit. Wat ’n mens wel sonder twyfel kan sê, is dat die uitspraak rigtinggewend in die Britse staatsreg gaan wees.

Indien hulle téén Johnson beslis, sal hulle ’n nuwe element tot die Britse grondwet voeg.

Dié ongeskrewe grondwet berus naamlik op gewoontereg, en ’n uitspraak van die hooggeregshof kan dus wel vir dekades deeglik beslissend wees, dalk vir die volgende eeue.

Almal se oë is dus vandeesweek op 11 mans en vroue in togas en pruike gerig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.