Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Titus se dood verlies vir land en taal
Danny Titus
Danny Titus

Danny Titus, menseregte-, taal- en kultuurleier se dood is ’n groot verlies vir Suid-Afrika, asook vir Afrikaans in sy volledige ryke verskeidenheid.

Hy kon in gesprekke brutaal eerlik wees oor die negatiewe nagevolge van apartheid op die menswaardigheid van die stemloses van daardie tyd. Maar hy was ook ’n goeie luisteraar en wou maniere vind om veral alle Afrikaanssprekendes saam te neem op ’n toekomspad.

Hy het ook ’n sleutelrol gespeel in versoenende gesprekke tussen wit en bruin meningsvormers wat die Dagbreektrust sowat vyf jaar gelede begin bemiddel het.

Titus het baie energie daaraan bestee om erkenning te kry vir die miskende deel van Afrikaans se ontstaansgeskiedenis en dit op rekord gestaaf te kry. Die invloed van inheemse bruin gemeenskappe en ook ingevoerde slawe op die taal was deel van sy passie.

As rubriekskrywer van Netwerk24 en die Afrikaase dagblaaie was hy in van sy laaste bydraes toenemend ontnugter oor wat die ANC-regering doen.

Hy het die erkenning van veeltaligheid voorop gestel en was veral by die ATKV betrokke by inisiatiewe dat Afrikaanssprekendes deur hul taal groeiende bande smee met die dinamika van inheemse swart tale en die sprekers daarvan.

Toe die ANC onder oud.pres. Jacob Zuma by ’n beleidskonferensie slegs Nkosi Sikelel’ iAfrika as die volkslied gesing het, het hy namens die ATKV onder sy eie naam in ’n verklaring sterk beswaar gemaak oor die weglaat van die Afrikaanse deel. Al was die woorde uit Die Stem van Suid-Afrika moontlik teen die pyndrempel van sy eie verlede.

Een manier om Titus se nagedagtenis te eer, is om sy lewenswerk onverpoos voor te sit deur Afrikaans in sy volle verskeidenheid tot sy reg te laat kom.

As rubriekskrywer van Netwerk24 en die Afrikaase dagblaaie was hy in van sy laaste bydraes toenemend ontnugter oor wat die ANC-regering doen en het hy selfs die vraag op die tafel gesit of Suid-Afrika nie reeds ’n mislukte staat is nie.

Een manier om Titus se nagedagtenis te eer, is om sy lewenswerk onverpoos voor te sit deur Afrikaans in sy volle verskeidenheid tot sy reg te laat kom en as kragtige taal te laat oorleef. Ook om ernstig te bly besin oor volledige menseregte vir almal en wag te hou oor wanneer dit geskend word.

En om reguit, maar versoenend en inklusief te bly praat oor onregte van die verlede en die hede.

Die grootste verlies is egter vir sy familie en geliefdes. Beeld en sy lesers betuig graag meegevoel met hulle.

Meer oor:  Danny Titus  |  Hoofartikel  |  Afsterwe  |  Woorde  |  Taal  |  Afrikaans  |  Dood  |  Land
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.