Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Die DA is verstrengel in 'n rassekwessie
Mmusi Maimane

Die twis in die DA wat nou weer na die oppervlak borrel, enersyds oor die leierskap van Mmusi Maimane en andersyds in die stryd oor die kies van ’n nuwe voorsitter vir die party se federale raad, voorspel niks goeds vir die DA nie. In enige politieke party moet uiteraard interne meningsverskil en mededinging om sleutelposisies wees. As daar nie is nie, sou dit ’n duidelike teken van ’n dooie party wees.

Maar interne meningsverskil en mededinging kan slegs ’n bate wees as die party se besluit­nemingsprosesse, kultuur en oorhoofse leierskap van só ’n aard is dat dit dinamiese vooruitgang skep. Wat tot dusver te siene is uit DA-geledere staan in skerp teenstelling hiermee.

Die interne gevegte skep kennelik toenemend ’n rigtingloosheid, wat vererger word deur sleutelrolspelers wat oënskynlik hul eie eng politieke belang bo die belang van die party – en oplaas ook bo dié van die kiesers – plaas.

Dit is ook opmerklik dat baie van dié spanning toenemend deur die moeilike kwessies van ras aangedryf word. Synde die party groot vordering gemaak het om diversiteit in eie geledere te bevorder en bes moontlik die mees diverse politieke party in Suid-Afrika is, is dít verstaanbaar.

Dit is ook opmerklik dat baie van dié spanning toenemend deur die moeilike kwessies van ras aangedryf word.

Maar die party het hom tot dusver nie juis in glorie gehul wanneer ras ’n faktor was in sensitiewe beleidskwessies nie. Sy steun al dan nie vir die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming is in 2013 byvoorbeeld hopeloos hanteer. Dié geval is later deur Helen Zille self as ’n politieke vlieg­ramp beskryf. Ook die openlike botsing tussen Zille en Maimane, die partyleier, oor eersgenoemde se omstrede kolonialisme-twiet, het die DA ernstige skade berokken.

En nou, in die jongste botsing, word die raskaart ook na alkant gespeel.

Dis hier waar die knoop lê: Die veelrassige karakter van die DA, en die feit dat die fokus op die onafgehandelde versoeningsprojek aan die vervaag is, plaas ’n besonderse verantwoordelikheid op sy leiers om uit die voorhoede te lei in die oplossing van ingewikkelde rassekwessies.

Maar wanneer ras as ’n politieke werktuig gebruik word, word dié taak onmoontlik. Hef aan lê dus nog vir die party voor om sy huis in orde te kry met 2021 se munisipale verkiesing in aantog.

Meer oor:  Partypolitiek  |  Da  |  Rassekwessies  |  Rassisme  |  Rassekaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.