Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Dis maak of breek vir die DA
Helen Zille, die nuwe voorsitter van die DA se federale raad, saam met die partyleier, Mmusi Maimane.Foto: Sarel van der Walt

Die tydperk voor die plaaslike verkiesings in 2021 gaan maak of breek vir die DA wees.

Vanjaar se algemene verkiesing was die eerste waarin die party nie daarin kon slaag om sy steun uit te brei nie – om die waarheid te sê, hy het agteruitgeboer.

Met die ANC teen die toue in die nadraai van die Zuma-bewind moes hy die uitklophou geplant het. Interne twiste is egter nie doeltreffend bestuur nie, en in die proses het die DA al meer sy naeltjie begin betrag en al minder sy oë gehou op wat kiesers verwag. Die resultaat spreek vanself – hy het van sy konserwatiewer wit kiesers vervreem het én kon nie daarin kon slaag om die verbeelding van die ontnugterde, swart wegblystem aan te gryp nie.

Die naweek is Helen Zille verkies as voorsitter van die federale raad rofweg onder die vaandel van “kom ons red nou wat te redde is”. Die opsies vir die party is om nou voort te beur met sy naeltjie-betragting, of hy kan met duidelike antwoorde en beleid vorendag kom – veral teenoor die kiesers – oor hoe die pad nou vorentoe moet lyk.

Die feit is die interne kohesie in die DA hét taamlik broos geword en sy politieke boodskap dienooreenkomstig vaag.

Die feit is die interne kohesie in die DA hét – samehangend met sy eie sukses om ’n uiters veelrassige partykarakter te skep – taamlik broos geword en sy politieke boodskap dienooreenkomstig vaag. Op sy liberale wortels staan nou geënt die oorblyfsels van die Natte, strominge aan die regterkant van die politiek, en aansienlike nuwe swart steun insluitend heelparty ontnugterde ANC’s. Dié party het inderdaad – soos wat die ANC soms na homself verwys – ’n broad church geword.

Maar dan is die uitdaging des te meer om die oë stewig op die groter prentjie te hou, eerder as om onnodig energie op binnegevegte te mors. Die vraag wat kiesers wil hê, is van deurslaggewende belang. Vergeet jy dít, loop sake gou skeef.

In Suid-Afrika is kiesers se breë gemoedstoestand nie moeilik om te lees nie. Nasionale vertroue onder kiesers is juis op ’n laagtepunt, met onvergenoegdheid die hoogste sedert ons demokratiese oorgang. Die lae stempersentasie wys dit en in dié omstandighede is nóg binnegevegte die laaste ding wat kiesers bestel. Die hele land smag na “iets” om te gebeur en daar is genoeg spanning in die tektoniese plate van die politiek vir ’n terreinverskuiwende aardskudding. Gaan dié aardskudding die DA maak of gaan dit die party breek?

Meer oor:  Verkiesing  |  Politiek  |  Da  |  Koalisie  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.