Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: EFF se heerssug hou bedreiging vir hele land in

Siniese Suid-Afrikaners wat die EFF as ’n partypolitieke spektakel onder luidrugtige windeiers afmaak, kan hul fout te laat besef.

Die rooi barette onder opperbevelvoerder Julius Malema is ’n gedugte politieke mag. Die EFF se tweede nasionale volksvergadering, glo teen R32 miljoen, by Nasrec, wys min skort met die party se verbeelding en eiewaan.

Die rooi brigade bedreig meer as net die ANC wie se lede hy afrokkel. Sy kwalik verskuilde sug na totalitêre diktatuur sal kom teen die gewone prys vir sy proletariaat – en die hele land.

Net ’n EFF-regering, oor Suid-Afrika en dan die hele Afrika, sal die party en sy leier tevrede stel.

Malema en sy militante kornuite weet hoe om watter are raak te boor. Die droom van ’n groter Afrika-voetspoor vir die EFF word oor die boeg van die val van imperialistiese regerings en van ’n sosiale bestel ná kolonialisme verkoop. En raai wie die diktator van ’n verenigde Afrika sou wees?

Dit kom van die party wat in die ses jaar sedert sy eerste volksvergadering in Desember 2013 sterk gegroei het. In verkiesing 2019 was dit al ’n groter party wat nasionale steun gewen het. Dit hou nou bykans 1,9 miljoen stemme en 44 parlementêre poste en is met 10,8% steun die derde grootste politieke party. In Noordwes, Mpumalanga en Limpopo is dit die amptelike opposisie.

Die opmars is te danke aan die EFF se veldtog teen Jacob Zuma as staatshoof, aanvoeling vir handelsmerk-bemarking (soos die keuse van rooi werkers-oorpakke en ’n militaristiese inslag), populistiese retoriek (met rasgebaseerde uitsprake), die mitiese aura van sy leier (van die 3 800 afgevaardigdes het voor hom gekniel) en robuuste styl, selfs al lei dit tot geweld.

Jong mense, werkers en die nuwe middelklas is ontvanklik vir die revolusionêre toonaard en vir die party se breedsprakige aanwending van mag.

Die EFF muilband die media; sy leiers leef rojaal op kapitalistiese vette; hulle kom (sover) weg met korrupsie (VBS en elders); sy onaantasbare leiers (met Malema en Floyd Shivambu weer nommers een en twee) hou hulle regsverhewe, en rassisme en parlementêre boewery word bewonder.

Op plaaslike vlak teken EFF-raadslede punte aan met hul stryd teen swak dienslewering.

Die rooi brigade bedreig meer as net die ANC wie se lede hy afrokkel. Sy kwalik verskuilde sug na totalitêre diktatuur sal kom teen die gewone prys vir sy proletariaat – en die hele land.

Meer oor:  Eff  |  Hoofartikel  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.