Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Geskiedenis wys kalmte is beste resep vir markte
Foto: iStock

Dit is menslik om paniekbevange te raak, veral as die aandelebeurs soos verlede week sowat R3 000 miljard se waarde verloor het bloot weens die manier waarop die internasionale markte reageer op regerings en die ekonomie se reaksie op die nuwe koronavirus.

Sommige kommentators meen die ergste is nog op pad.

Toe die JSE tydens die geldkrisis van 2009 tot onder 20 000 punte geval het, het een gerekende markkommentator gemeen dit sal nooit in sy leeftyd weer by 2007 se hoogtepunte van 30 000 kom nie.

Dit het sedertdien meer as verdubbel tot 60 000 in 2018. Die indeks is wel nou onder 45 000, maar die beurs het nog elke keer ná die laaste dekades se tien skerpste dalings binne ’n jaar tot vyf jaar al daardie dalings uitgewis én meer.

Dit bly elkeen se eie besluit, maar die meeste ontleders maan tot kalmte. Die voordeel vir iemand wat maandeliks bydra tot ’n effektetrust of indeksfonds is dat jy nou veel meer beleggingseenhede kry vir elke R1 wat jy belê as verlede maand of verlede jaar, en as die markte herstel, wen jy.

Die algemene fout wat baie beleggers maak, wys historiese tendense, is om nou skielik hul aandele te verkoop en hul bates in kontant te hou.

Die algemene fout wat baie beleggers maak, wys historiese tendense, is om nou skielik hul aandele te verkoop en hul bates in kontant te hou.

Die beleggers wat slim wil waag, is dié wat kontant eenkant gehou het juis vir geleenthede soos dié, en hulle klim oor tyd versigtig in die mark deur goeie bates spotgoedkoop te koop. Dis bates wat bloot afgetrek is deur die algemene dalings in die mark.

Die impak van so ’n markinsinking kan egter nie afgemaak word nie. Vra enige van die mense wat nou vrywillige uittreepakkette by Telkom of elders moes aanvaar en veel minder oor het om van te leef as voorheen.

Helaas is 2020 ook veel anders as 2008, toe Suid-Afrika ’n gesonder staatskas gehad en Eskom nie met skuld van meer as R450 miljard gesit het nie.

Vergeleke met ander opkomende markte is Suid-Afrikaanse staatseffekte nie meer so aantreklik as alternatiewe veilige bates as voorheen nie. As die regering ’n beter ekonomiese beleid gevolg het, was die ekonomie vandag sterker en veerkragtiger om ’n krisis soos Covid-19 en ’n markineenstorting met meer beweegruimte te kon hanteer.

Meer oor:  Bates  |  Koronavirus  |  Markte  |  Aandelemark  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.