Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Hoor dié kinders se noodkrete
Poppie van der Merwe is op 25 Oktober 2016 oorlede.

Skokkende syfers wat genoem is by die Afrika-streekkonferensie oor trauma by kinders moet die ganse Suid-Afrikaanse samelewing tot ernstige besinning ruk.

Volgens die Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling is daar net in die Wes-Kaap 36 000 kinders wat uit hul huise verwyder en in plekke van veiligheid geplaas is.

In ’n land waarin ons gebombardeer word met skokkende statistieke, is dit dalk maklik om af­ge- stomp te raak, maar dié syfer vertel ’n ontsettende hartseer verhaal oor hoe gebroke ons same­lewing is.

Hoeveel hartseer, pyn en lyding lê immers nie opgesluit in die lewensverhale van dié 36 000 kinders en hul gesinne nie.

Die saak moet vanuit twee kante bekyk word. Enersyds is dit ’n genade dat ’n maatskaplike vangnet – hoe karig en ontoereikend ook al – wel bestaan om sommige kinders in nood te hulp te snel.

Hoeveel hartseer, pyn en lyding lê immers nie opgesluit in die lewensverhale van dié 36 000 kinders en hul gesinne nie.

Dis derduisende kinders wat onder meer in gevaar is weens verwaarlosing, mishandeling, gesinsgeweld en seksuele misbruik.

Maar wat van diegene wat die maatskaplike net nie vang nie?

Hoeveel van hulle word byvoorbeeld ’n Poppie van der Merwe, wie se dood altyd by ons moet bly spook.

Dié blondekoppie is oor ’n tydperk stelselmatig deur haar ma en dié se man mishandel totdat haar driejarige lyfie ingegee het.

Wat verder ontstellend is, is hoe ’n gemeenskap Poppie in die steek gelaat het.

Regter Bert Bam het in sy uitspraak getuienis uitgewys wat daarop gedui het ander volwassenes was bewus van Poppie se be­serings, maar het niks gedoen om haar te beskerm nie.

Daar is báie ander kinders soos Poppie, en dit moet die ganse gemeenskap van volwassenes se plig wees om weerloses soos sy ter wille te wees.

Meer nog: Dit vra van elkeen van ons om erns te maak met dié vraag: Hoekom misluk ons in ons vermoë – selfs roeping – om kinders te beskerm?

Is dit ons fokus op eiebelang wat ons bereidwilligheid oorheers om toe te tree tot die intieme kring waarin weerlose kinders en vroue verniel word?

Jaarliks herdenk ons getrou 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, maar Vrydagaande bly ons stil oor die bure se “huis­moles”.

Die eerste stap is om die stilte te verbreek.

Meer oor:  Mishandeling  |  Kinders  |  Kindermishandeling  |  Noodkrete  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.