Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Kim fokus op eie oorlewing

Die probleem met pres. Donald Trump se beleid teenoor Noord-Korea is nie die feit dat hy vrede met dié kommunistiese diktatuur (naas Kuba die enigste ter wêreld) wil maak nie. Enige beleid wat vrede bevorder, moet in beginsel toegejuig word.

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en pres. Donald Trump van Amerika in die Koreaanse gedemilitariseerde sone (DMZ) tussen Noord-Korea en Suid-Korea. Foto: Reuters

Die probleem is eerder dat Trump sy eie onderhandelingsvermoëns oorskat en nie die Noord-Koreane behoorlik verstaan nie. (Dis trouens ’n algemene probleem van die Amerikaners in die internasionale politiek.)

Trump se lofwaardige toenadering tot Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, is beantwoord met ’n kombinasie van glimlagge en omhelsings in die openbaar, maar in die praktyk verander bitter min. Noord-Korea het geensins afgesien van sy program om kernwapens te ontwikkel nie en in die laaste tyd het Kim selfs die frekwensie van missieltoetse verhoog en verskeie beledigings na Amerika geslinger.

’n Uitlating van pres. Moon Jae-in van Suid-Korea, dat die twee Koreaanse state daarna moet streef om hulle teen 2045 te herenig, is trouens bruut as “dwaas” verwerp.

Kim se hoogste prioriteit is sy regime se politieke oorlewing. Alle ander oorwegings is onderhewig daaraan.

Die logiese gevolgtrekking daaruit is dat die besit van kernwapens ’n waarborg vir oorlewing is.

Hy het gesien wat gebeur het met die diktature van Saddam Hoesein in Irak en Moeammar Ghaddafi in Libië nadat dié van hul kernwapenprogramme afgesien het. Hy sien ook hoe die Iranse regime se opskorting van dié se kernwapenprogram deur Trump met nóg strenger sanksies “beloon” word.

Die logiese gevolgtrekking daaruit is dat die besit van kernwapens ’n waarborg vir oorlewing is. En dus kan Trump óf witvoetjie by Kim soek óf hom straf; dit maak geen verskil nie.

Noord-Korea het al sedert die jare sewentig ’n patroon gevolg: Eers word die betrekkinge met die Suide en Amerika verslap, waardeur hoop gewek word dat die diktatuur beweeg kan word om afstand van sy massavernietigingswapens te doen. Vervolgens deel die land ’n klap uit en daal die politieke temperatuur weer tot onder vriespunt.

Dit is wat tans gebeur. Trump se befaamde onderhandelingsvermoë beteken nie veel vir Pjongjang nie.

Meer oor:  Donald Trump  |  Kim Jong-Oen  |  Vsa  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.