Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Koerante maan weer oor sensuur
sensuur

Australiese koerante het Maandag ’n sterk simboliese boodskap aan bewindhebbers daar gestuur toe hulle teks op hul voorblaaie met swart strepe verbloem het met die woorde: “When government­ keeps the truth from you, what are they covering up”, daarby.

Dít weerspieël die dinamiese spanning wat tussen heersers (eintlik alle nuusmakers) en onafhanklike nuusberiggewers behoort te heers – en die fyn maar duidelike streep wat moet geld.

In die week van die herdenking van Swart Woensdag (dit verwys na 19 Oktober 1977, toe die apartheidsregering 19 koerante en organisasies verban het), vra die weerspannigheid van die Vierde Stand, in sy rol as demokratiese wig en teenwig, teen enig­iemand wat om watter rede ook al in die openbare kollig is, diepere besinning.

Regerings, gesagsfigure en watter organisasies of individue ook al na wie die joernalistieke lens draai, maak staat op velerlei verwere (soos privaatheid, veiligheid, duistere agendas en sameswerings) in hul aandrang om inligting bedek te hou.

Vir die media is niks te heilig of verbode om op te rakel en oor te berig nie.

Vir die media is niks te heilig of verbode om op te rakel en oor te berig nie. In die Universiteit Stellenbosch se departement joernalistiek wys spreuke op dakbaniere wat dié werk vereis.

“Vier vyandige koerante moet meer as 1 000 bajonette gevrees word,” het Napoleon Bonaparte gesê. Terwyl Willem Wepener, befaamde koerantredakteur, joernaliste as “die brandsiek-inspekteur van die volk” beskou het.

Sela. Wandade, skande en skade móét aan die groot klok gehang word as ’n diens aan die gemeenskap en ’n rigsnoer vir selfkorreksie. Sonder die suurstof van die waarheid kán dit nie.

Die bydrae tot regimeverandering van veral nieregeringsgesinde media in Suid-Afrika vóór 1994 is op 19 Oktober herdenk.

Ná apartheid is joernaliste eweneens deel van die bolwerk teen staatskaping, wanbestuur, vrot diens en korporatiewe korrupsie.

Etiese joernalistiek kom met aanspreeklikheid, risiko én foute wat ingevolge mederegulering met die Persraad voorkom én uitgestryk moet word.

Maar mediavryheid is onverpandbaar en sensuur – soos wat die ANC met sy voorgenome mediatribunaal in gedagte het – is ’n simptoom van onderdrukking.

Meer oor:  Sensuur  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.