Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Tito se taak raak al hoe taaier
Tito Mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Deaan Vivier

Dinge raak maar net nie makliker vir Tito Mboweni, minister van finansies, nie. Hy moet môre sy tweede mediumtermynbegrotingsraamwerk aan die parlement voorlê.

Geen nuwe belastings word gewoonlik in die mediumtermynbegrotingsrede aangekondig nie. Dit is ’n vooruitkyk na die volgende drie boekjare in die staatsfinansies en ’n terugblik oor vordering met belastinginsameling van die lopende boekjaar.

Die reuseprobleem vir Mboweni is om aan die land te wys hoe die jongste reddingsboei aan Eskom die staatskas gaan raak. Eskom kry ’n reddingsboei van R59 miljard vir vanjaar en volgende jaar, benewens die R23 miljard per jaar wat in Februarie se begroting aangekondig is.

In Februarie is verwag die staat se skuld sal vanjaar 4,7% van die grootte van die ekonomie beslaan. Die ekstra eise op die staatskas weens die reddingsboeie aan Eskom druk dié verhouding nou tot naby 6%.

Die ekonomie het nie vanjaar oortuigend gegroei nie en met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wat nog aan’t herstel is onder leiding van Edward Kieswetter, wat Tom Moyane se brouwerk moet regmaak, gaan die belastingteikens vir vanjaar ver gemis word. Daar word gegis die tekort in belastinginvordering kan so veel as R60 miljard wees.

As hy selfs net die helfte van dié voorstelle kan laat realiseer, kan die ekonomie weer op dreef kom.

Dis nie ’n gerusstelling om te weet die kredietgraderingsagentskap Moody’s maak boonop Vrydag, net twee dae ná die mediumtermynbegrotingsrede, sy jongste gradering vir Suid-Afrika bekend nie. Moody’s is die enigste agentskap wat Suid-Afrika nog op beleggingsgraad het en hy sal die mediumtermynbegrotingsrede dus fyn dophou.

Mboweni sal môre hopelik meer lig werp op sy ekonomiese beleidskrif. As hy selfs net die helfte van dié voorstelle kan laat realiseer, kan die ekonomie weer op dreef kom. Want net ’n groeiende ekonomie kan belastinginkomste laat verbeter.

Dan is daar die staat se salarisrekening. Cosatu meen dis glad nie so duur nie, terwyl die DA ’n voorstel het dat R168 miljard daarvan gesny kan word deur salarisverhogings van niebedryfspesifieke amptenare vir drie jaar te bevries en die topbestuurders in die staatsdiens met ’n derde te sny.

Dis tyd dat Mboweni ’n dapper stap doen deur sulke voorstelle ernstig op te neem en in werking te stel.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Ekonomie  |  Minister Van Finansies  |  Hoofartikel  |  Taak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.