Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Uurglas loop leeg vir uitroei van korrupsie in SA
Ace Magashule

Die problematiek van Ace Magashule, die ANC-sekretaris-generaal, se standpunt dat twee partyleiers wat van korrupsie verdink word, nie onbepaald geskors kan bly nie, sny wyer as net die regerende party.

As party met verreweg die grootste meerderheid is die ANC se magsgreep op die land onbetwisbaar. Die korrupsie wat elke vesel van hom besmet, tas ook Suid-Afrika aan.

Magashule se argelose omgang met wat korrup-sie in wese behels en hoe dit besweer moet word, spreek van ’n droewe werklikheid. Ondanks belo-wende geluide en stappe bly Suid-Afrika aan die verloorkant met korrupsie en die agterstand groei. Met onaantasbare delers en stelers wat in hoë ampte pronk en al te slim die skyn van onkreukbaarheid wil voorhou.

Met sy kommentaar op ’n nuuskonferensie dat dit bloot aantygings (van betrokkenheid by die bedrog en korrupsie van die VBS Mutual Bank is) teen “die twee kamerade” is en hulle nie aangekla is nie, verloën Magashule die kernbeginsel van aanspreeklikheid vir politieke ampsdraers in sleu-telposte, naamlik dat botsende belange wat tot eie voordeel uitgebuit word, diefstal is.

Magashule se ou verweer van “skuldig tot andersins bewys is”, is ’n skuiwergat.

Juis hierin setel die meesterstrategie van die staatskapingsprojek wat in die ANC-hart uitge-broei is. En Magashule se ou verweer van “skuldig tot andersins bewys is”, is ’n skuiwergat.

Dit kom daarop neer die kamerade moet net nie uitgevang word nie. En verswyg dat dit bitter moeilik is vir reg en orde, wat tydens staatskaping uitgehol is, om met uitgedunde forensiese en an-der kapasiteit die gekompliseerde skelmstreke na te speur en vervolging in te stel. Dit is juis die rede hoekom hulle nie vervolg is nie.

Waaroor Magashule reg is, is dat Jacob Zuma, wat hy as ’n model van eerbaarheid wil voorhou, nie alleen aandadig aan korrupsie was nie.

Die skrale troos is dat die Zondo-kommissie se regulasies volgens Ronald Lamola, minister van justisie, “dalk” gewysig kan word sodat die NVG getuienis voor die kommissie vir vervolging mag benut. In die parlement het adv. Shamila Batohi, direkteur van openbare vervolging, gesê die stryd teen korrupsie “word nog nie gewen nie”. Daar is te min ondersoekers en aanklaers.

Die uurglas vir die uitroei van dié pandemie loop leeg.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Korrupsie  |  Hoofartikel  |  Bedrog  |  Uitroei Van Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.