Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Drie sleuteldatums in geskiedenis
Tien stukke van die Berlynse Muur is op 18 September vanjaar in Los Angeles uitgestal. Foto: REUTERS | Mario Anzuoni

In die moderne Europese geskiedenis is daar drie sleuteldatums wat bepalend was.

Een was 28 Junie 1914, toe die moord op die Oostenrykse aartshertog Franz Ferdinand die domino-effek aan die gang gesit het wat tot die Eerste Wêreldoorlog gelei het.

’n Tweede was 1 September 1939, toe Adolf Hitler met die inval in Pole die Tweede Wêreldoorlog willens en wetens begin het, ’n konflik wat Europa verwoes en die Sowjet-invloedsfeer tot in die vasteland se hart laat opruk het.

Die derde was 9 November 1989, môre presies 30 jaar gelede, toe die Berlynse Muur geval het.

Die eerste twee datums, wat met ongelooflike geweld gepaardgegaan het, het tot grootskaalse geopolitieke herskikkings gelei. Die derde het ’n ewe ingrypende geopolitieke herskikking ingelui, maar sonder dat ’n enkele druppel bloed gevloei het.

Dit was die einde van die Ystergordyn, die kommunistiese heerskappy oor Sentraal- en Oos-Europa.

Dit was die einde van die Ystergordyn, die kommunistiese heerskappy oor Sentraal- en Oos-Europa. Dit het selfs twee jaar later tot die einde van die Sowjetunie as sodanig gelei.

Duitsland is herenig, en opeens was daar weer ’n reus van 80 miljoen mense in die middel van die vasteland. Maar die nuwe Duitsland was ver van die aggressiewe een van voor 1945 wat sy wil aan die res van die wêreld wou opdwing.

Inteendeel. Die land het verstandige leiers soos Helmut Kohl en Angela Merkel opgelewer wat ingesien het dat hul land se belange gedien word deur vreedsame oplossings vir probleme te soek, pleks van om konfrontasie te soek.

Dit het gelei tot die vreedsame uitbreiding van die Europese Unie (EU) en Navo na Sentraal- en Oos-Europa.

Selfs die drie Oossee-republieke – Estland, Letland en Litaue – wat tot 1991 deel van die Sowjetunie was, is deel van die EU en Navo.

Die onbedoelde uitwerking was dat die Russe dit as ’n gevaar vir hul eie veiligheid beskou het. Die veiligheidsgordel wat hulle beskerm het teen wat hulle as potensiële Westerse aggressie beskou het, het immers weggeval.

Die herenigde Duitsland, die gevolg van die Muur se val, speel ewenwel ’n sleutelrol om te keer dat sake handuit ruk.

Meer oor:  Europa  |  Berlynse Muur  |  Ystergordyn  |  Kommunisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.