Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Verbruiker betaal vir ANC se Eskom-twis
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Foto: Daily Sun

Die steeds volgehoue binnegevegte in die ANC tussen ’n veelheid kompleks ineengestrengelde faksies, magsugtige persoonlikhede en roekelose selfverrykers sluit Eskom as gevegsterrein in. Dié staatsonderneming was een van die pilare van die Gupta-rowers se strategie vir staatska-paping.

Nou word volgehoue beurtkragseisoene deur van die ANC-faksies gebruik om pres. Cyril Ramaphosa, Pravin Gordhan as verantwoordelike minister en die Eskom-direksie en -bestuurslede aan die pen te laat ry. En dit met ’n kwessie waaroor reeds openbare ongeduld bestaan en waaroor hulle net hoef terug te sit sodat die openbare mening die skroewe al hoe stywer draai.

Wat Eskom betref, is daar geen raaisels meer oor spesifiek kragvoorsiening nie. Dit is reeds herhaaldelik uitgestippel. Swak bestuur, instandhouding en staatskaping het die plek se infrastruktuur uitgeput. Nou moet ’n ingewikkelde balans gevind word tussen omvattende instandhouding en voortgesette kragvoorsiening.

Die rede waarom die herstelprojek teen ’n slakkepas beweeg, is nie net weens die omvang daarvan nie, maar veral weens politieke inmenging van die ANC.

Die rede waarom die herstelprojek teen ’n onbevredigende slakkepas beweeg, is nie net weens die omvang daarvan nie, maar veral weens voortdurend politieke inmenging van die einste ANC. Eskom kort ’n dringende en drastiese herstrukturering en ’n inspuiting van kundigheid van gehalte sodat die kragnetwerk optimaal kan funksioneer.

Eskom se herstel word wel gekortwiek en die besluitnemers as gyselaar aangehou deur die aandrang op onvanpaste werkbeskerming vir vakbondlede, vasklou aan omvattende staatsbeheer en voortdurende pogings om beheer oor kontrakte vir verskillende ANC-faksies of hul meelopers te kry.

Die bisarre idee – glo deur van die ANC-faksies – dat voormalige betrokkenes, soos Brian Molefe en Matshela Koko, weer betrek moet word, wys dat die ANC sedert die Ramaphosa-leiersverkiesing by Nasrec nie juis vorentoe beweeg het nie. Die strategie oor ’n breë front – ook wyer as die Eskom-konteks – blyk te wees bind Ramaphosa en sy bondgenote se hande agter hul rug vas en kla dan dat hulle niks regkry nie.

Intussen betaal verbruikers die gelag deur beurtkrag wat ekonomiese groei steeds verder strem.

Meer oor:  Staatskaping  |  Staatsrowers  |  Eskom  |  Guiptas  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.