Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Verwerp boodskap oor grondgrypery op jou eie risiko
Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake. Foto: EPA

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se waarskuwing teen die Suid-Afrikaanse regering se planne om grond sonder vergoeding te onteien, is tydig.

“Sentrale beheer was nog nêrens suksesvol nie,” het Pompeo verlede week in Addis Abeba, Ethiopië, gesê. “Dit sal nie net vir die ekonomie nie, maar belangriker nog, ook vir Suid-Afrikaners rampspoedig wees.”

Dit sou maklik wees om Pompeo af te maak as ’n marionet van die regs-populistiese demagoog pres. Donald Trump. Dit sou nie moeilik wees om sy geloofwaardigheid op dié gronde in twyfel te trek nie.

Twee antwoorde op so ’n redenasie is moontlik. Die eerste is: Moenie jou blind staar op die boodskapper nie. Kyk na die boodskap self.

Grondgrypery in byvoorbeeld Zimbabwe en kommunistiese lande – van die USSR tot China – het almal onbetwisbaar dieselfde uiteinde gehad – ekonomiese ineenstorting. Regdeur die ekonomiese geskiedenis word dieselfde tema gesien: Behoorlike regsbeskerming vir eiendom is ’n absolute voorvereiste vir ekonomiese groei en welvaart.

Grond is ’n produksiemiddel. Natuurlik mag dit nie, soos in die apartheidstyd, tot een groep beperk word nie.

Grond is ’n produksiemiddel. Natuurlik mag dit nie, soos in die apartheidstyd, tot een groep beperk word nie. Maar ’n kunsmatige herverdeling, iets waarop die regering se planne kan uitloop, gaan Suid-Afrika onherroeplik in ’n ekonomiese swart gat laat val.

Die tweede antwoord is dat dit nie saak maak of jy van Pompeo of Trump hou of nie. Amerika is – dalk óndanks, eerder as wééns Trump – die sterkste land ter wêreld. Sy mening dra dus gewig.

Naas Amerika is Suid-Afrika, veral onder die onbekwame ANC-regime, vinnig besig met ’n kreeftegang. Die land se wiele val toenemend af weens korrupsie, nepotisme en die fundamentele ondoeltreffendheid van die regering en die politieke elite wat net na hul eie sakke kyk.

Daar is moontlik tekens dat pres. Cyril Ramaphosa die probleem begryp. Vandaar dat hy voortdurend gemoedere probeer sus, soos hy pas weer in die parlement gedoen het.

Maar daardie soort sussende woorde is nie voldoende om die probleem op te los nie. Wat moet gebeur, is dat die voorneme in sy geheel laat vaar word. Die vraag is egter of Ramaphosa die moed van sy oortuiging het om dit doen.

Meer oor:  Mike Pompeo  |  Grondgrypery  |  Risiko  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.