Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Vlak 1 kom nie sonder voorbehoude
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Getty Images

Alle aanduidings is daar dat pres. Cyril Ramaphosa binnekort gaan aankondig dat Suid-Afrika na vlak 1 van die inperking gaan skuif as deel van die regering se bestuur van die Covid-19-pandemie.

Dit sal weer, soos met die vorige verslapping van inperkingsmaatreëls, verligting bring vir Suid-Afrikaners wat sedert 26 Maart verskeie aanpassings moes maak toe vlak 5 van die inperking van krag geword het.

In die afgelope ses maande moes mense leer om aan te pas by nuwe omstandighede en is talle persoonlike opofferings gemaak. Mense het hul werk verloor, moes salarisverminderings aanvaar of toekyk hoe ondernemings waaraan hulle jare lank gebou het voor hul oë wegkwyn.

Ouers moes skielik ook die rol van tuisonderwysers vervul toe skole gesluit is. En saam met dit alles het die donker wolk van die onsigbare virus oor die gemeenskap gehang.

’n Beweeg na vlak 1 van die inperking sal veral ’n impak hê op persoonlike beweging en lewenstyl, met die aandklokreël wat bes moontlik afgeskaf kan word.

’n Beweeg na vlak 1 van die inperking sal veral ’n impak hê op persoonlike beweging en lewenstyl, met die aandklokreël wat bes moontlik afgeskaf kan word, verslapping in die beperkings op die verkoop van alkohol en die toelating van meer as 50 mense by kerkbyeenkomste.

Selfs beperkte internasionale reise behoort op dié vlak hervat te kan word.

Hiermee sal die regering talle individuele vryhede teruggee aan mense, maar nie sonder voorbehoud nie. Net soos inperkings verslap kan word, kan dit oornag weer verskerp word – ’n tendens wat reeds waargeneem word in lande soos Australië en Israel.

Kennis moet ook geneem word dat die moontlike verslapping van inperkings plaaslik afspeel binne ’n internasionale gemeenskap waarin die hoogste getal infeksies per dag sedert die uitbreek van die pandemie die afgelope Sondag aangeteken is.

Die nuwe vryhede kom dus nie sonder verantwoordelikheid nie. Suid-Afrikaners gaan nou elkeen persoonlike sorg en moeite aan die dag moet lê om te verseker dat die virus nie weer op eie bodem opvlam nie.

Tref ’n tweede vlaag die land en word die grendelgreep weer versterk, kan dit die gesondheid van miljoene mense knou en die brose ekonomie die nekslag toedien.

Meer oor:  Inperkings  |  Koronavirus  |  Vlak 1  |  Grendelvlakke  |  Voorbehoude  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.