Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Wêreldkampioen van trotse, verenigde SA
bokke, wêreldbeker, rassie erasmis, siya kolisi

As ons saamwerk, kan ons Suid-Afrika saamsnoer tot die land wat dit behoort te wees. Vir twyfelaars is daar ’n boodskap: Suid-Afrika 32, Engeland 12.

As dit nie genoeg is nie, behoort die wyse waarop die Springbokke, ondanks uitdagings, kritiek en chroniese, soms selfs akute, Suid-Afrikaanse kleingeloof, in Japan rugby se Wêreldbeker vir die derde keer verower het, as aanmoediging te dien.

Nie dat dit ’n kitskuur is nie. Sonder om vreugdevure te blus of aan die wêreldprestasie afbreuk te doen, is die realiteit dat Moody’s net die dag voor die eindstryd sy vooruitsig vir Suid-Afrika se kredietgradering van stabiel tot negatief gewysig het.

Uit die sonderlinge sportprestasie en hóé dit vermag is, is tog vir Suid-Afrika lesse te leer.

Maar laat elke moment van die sege eers gekoester word.

Eers volg twee drieë, Suid-Afrika se eerstes in ’n WB-eindstryd, heel gepas deur uitblinkers Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe; en daarná goue oomblikke, toe Siya Kolisi en die span die beker omhoog hou en pres. Cyril Ramaphosa die triomf saam met hulle op die wêreldverhoog vier.

Suid-Afrika is weer die wêreld se rugbykampioen; saam met die All Blacks die enigstes wat die beker al drie keer verower het.

Suid-Afrika is weer die wêreld se rugbykampioen; saam met die All Blacks die enigstes wat die beker al drie keer verower het en die eerste span wat ondanks ’n nederlaag in die uitspeelronde as kampioen gekroon word.

Boonop het die span vir die eerste keer meer as 15 punte in ’n eindstryd aangeteken en het hulle nog nooit ’n drie in ’n WB-eindstryd afgestaan nie.

Die Bokke se welslae, onder die afrigter Rassie Erasmus as hoofstrateeg en Kolisi as kaptein, was geen gelukskoot nie. Dit getuig van visie, fokus, spanwerk, kollektiewe leierskap, aanspreeklikheid en werketiek. En die onwrikbare nastreef van die droom om in donker tye deur daad en woord hoop vir ons land te hervestig.

Hul beginselvaste toewyding en opoffering het gewerk. Vir ons land bied dit ’n model van hoe ons die toekoms getransformeerd behoort aan te pak.

Laat die prestasie van WB 2019 nou as ’n wegwyser vir die toekoms aangewend word en nie vir leë politieke punte nie.

Dit wys immers as ons potensiaal reg ontgin word en ons saam staan, ons ’n wêreldkampioen kan wees. En trots Suid-Afrikaans só.

Meer oor:  Politiek  |  Sport  |  Wêreldbeker  |  Sa  |  Wêreldkampioen  |  Hoofartikel  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.