Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld, Die Burger en Volksblad sê:Tito omgord sy lendene vir ’n vakbond-oorlog
Tito Mboweni lewer die begrotingstoespraak Woensdag in die parlement. Foto: Jaco Marais

Kommentators het voorheen in die slaggat getrap deur te gis hoe lank ’n dienende minister van finansies nog in die warm stoel gaan sit. Dit het veral Trevor Manuel omgekrap.

Politici en ander waarnemers neem nietemin weddenskappe oor hoe lank Tito Mboweni sy pos as minister van finansies gaan behou. En dit gaan geensins oor sy goeie beleidsidees of vermoëns nie.

Dit is grootliks weens die groeiende besef dat hy nie om dieselfde vuur sit as van sy ander kabinets- en alliansiekollegas oor byvoorbeeld die SAL nie.

Mboweni is die finansminister wat nog die naaste aan ’n regstreekse konfrontasie met staatsdiensvakbonde oor die staat se salarisrekening gekom het. In die Manuel-era was dit nie nodig nie, want daar was ’n begrotingsoorskot. Pravin Gordhan en Nhlanhla Nene het elke keer groot geraas gemaak oor inflasieverwante salarisverhogings, maar telkens die stryd teen die vakbonde verloor en die spreekwoordelike blikkie net weer verder in die pad af geskop.

Of hy dié geveg gaan wen en of dit sy manier is om te groet, sal afhang van die magsbalans in ’n verdeelde ANC-alliansie.

Maar hier staan ’n bykans moedswillige Mboweni voor die res van die ANC en Cosatu met R160 miljard wat hy in die volgende drie jaar van staatsdienswerkers se vergoeding wil sny. Of hy dié geveg gaan wen en of dit sy manier is om te groet, sal afhang van die magsbalans in ’n verdeelde ANC-alliansie.

Nog ’n vraag is of gister se begroting genoeg is om die kredietgraderingsagentskap Moody’s te keer om Suid-Afrika na rommelstatus af te gradeer. Dit lyk asof Mboweni moed opgegee het om staatskuld in bedwang te bring. Formele onderhandelinge met die vakbonde oor hul loonooreenkomste het maar pas begin. Moody’s sal eerder kyk na die harde syfers, soos die R229 miljard se rentebetalings op skuld vir die komende jaar, wat meer is as wat die staat bestee om ekonomiese ontwikkeling aan te moedig. ’n Afgradering gaan alle skuld duurder maak.

Vir verbruikers is die effense belastingverligting en meestal inflasieverwante verhogings in die meeste belastings baie welkom en dit kan selfs ’n korttermyninspuiting vir die ekonomie wees.

Maar die uiteindelike toets vir vanjaar se begroting is in die hande van staatsdienswerkers en hul vakbondverteenwoordigers. Dit op sigself is ’n vreesaanjaende gedagte.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Vakbonde  |  Begrotingsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.