Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Die Burger sê: Herbou van NVG vorder, maar baie werk lê nog voor
NPA boss Shamila Batohi. (Daily Sun, file)
Shamila Batohi

Drie senior aanstellings by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is ’n stap in die regte rigting om dié instelling verder te herbou ná die sloopwerk tydens die Zuma-era.

Onder laasgenoemde is politieke handpoppe aangestel en sleutelposte is óf vakant gelaat óf gevul met tydelike aanstellings wat die NVG se kapasiteit gerysmier het en vatbaar gemaak het vir politieke manipulering.

Hopelik sal die aanstellings die doeltreffendheid van die NVG nou aansienlik versterk. Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, het reeds met haar aanstelling gesê sy sal ’n einde maak aan die korrupsie en wanbestuur wat die NVG verlam het.

Adv. Rodney de Kock, ’n nuwe adjunkdirekteur, het uitstekende werk gelewer as die Wes-Kaapse vervolgingshoof en het reeds waargeneem in die plek van die omstrede en onbevoegde adv. Nomgcobo Jiba, voormalige adjunkdirekteur.

Adv. Ouma Rabaji-Rasethaba is die ander nuwe adjunkdirekteur, terwyl Batohi se hande verder gesterk word deur die ervare adv. Mthunzi Mhaga, wat ’n spesiale direkteur in haar kantoor word.

Ofskoon die vul van hierdie topposte goeie nuus is, is daar nog baie werk om die kapasiteit van die NGV na behore te herbou.

Ofskoon die vul van hierdie topposte goeie nuus is, is daar nog baie werk om die kapasiteit van die NGV na behore te herbou.

Luidens ’n voorlegging van Batohi in Maart vanjaar het die NVG in daardie stadium 1 351 vakante poste gehad. Hiervan is 155 reeds gevul, terwyl 921 poste nog geadverteer sou word.

Dit sal goed wees as Batohi ’n aanduiding kan gee hoe daar hiermee gevorder word.

Terwyl sy kennelik vasbeslote is om diegene wat Suid-Afrika tot by die randjie van die afgrond van staatskaping en korrupsie gedryf het, voor stok te kry, moet sy ook onder geen illusie verkeer nie oor hoe wyd die netwerk van hoës strek wat Jacob Zuma byna ’n dekade lank gehelp het om aanklagte van korrupsie te ontwyk – óók by die NVG.

Haar versterkte kapasiteit sal hopelik verhoed dat sy onder druk swig en ondersoeke te gou probeer afhandel, soos oënskynlik met die Estina-saak gebeur het.

Te midde van die skokkende werklikheid wat voor die Zondo-kommissie ontvou, raak Suid-Afrikaners ál hongerder vir geregtigheid. Hierin sal Batohi en ’n herboude NVG ’n ankerrol moet speel.

Meer oor:  Shamila Batohi  |  Herbou  |  Nvg  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.