Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Die Burger sê: Min vreugde oor enige party in verskeie metro’s
Mongameli Bobani, burgemeester vir die Nelson Mandelabaai-metro, het nou glo agt veiligheidswagte. Foto: Cara-Lee Dorfling

Die verwisseling van politieke bewind in die Johannesburgse metro – met die ANC nou in die burgemeesterstoel – laat min vreugde by kiesers oor enige van die politieke partye betrokke.

Alhoewel die ANC ná die vorige munisipale verkiesing steeds die grootste party was, het die kiesers hom van sy volstrekte meerderheid gestroop as deel van die stembusstraf vir die Jacob Zuma-era, asook vir toenemende swak dienslewering en korrupsie op plaaslike vlak.

Die DA en die EFF se opportunistiese, losse koalisie het wyd byval gevind, want ’n groot deel van die land was verenig in ’n soort samespanning om Suid-Afrika van Zuma (en die ANC) te verlos. Min moeite is klaarblyklik in Johannesburg, Nelson Mandelabaai en Tshwane gedoen om ’n standhoudende raamwerk vir die koalisies te vestig. Beleidsverskille ten spyt, was die kiesers se opdrag in die eerste plek stabiele plaaslike regering.

In al drie stede het die nuwe koalisies, veral in Johannesburg onder Herman Mashaba, aanvanklik meestal goeie werk gedoen.

In al drie stede het die nuwe koalisies, veral in Johannesburg onder Herman Mashaba, aanvanklik meestal goeie werk gedoen. En was minstens ’n verbetering op die verslane ANC-regerings.

In al drie stede het die DA en die EFF, asook kleiner partye, egter mettertyd verkies om grootliks te konsentreer op eiebelang, beroepspolitieke ego’s en mededingende verdelingslyne. Die DA, wat sedert sy teleurstellende nasionale verkiesingsuitslag in ’n soort interne gevegsklub ontaard het, dra heelwat skuld vir dié toedrag van sake. En kon klaarblyklik nie veel doen om die rade uit ANC-hande te hou nie. ’n Verdere skop in die maag vir Johannesburgse kiesers is dat dit die ANC duidelik nie skeel om ’n burgemeester met ’n klankie van korrupsie te kies nie.

In Tshwane gaan die warboel gepaard met beweerde ongure persoonlike gedrag deur ampsdraers en oor-en-weer beskuldigings op ’n baie lae vlak, wat niks met die bevordering van goeie regering te make het nie. En om kiesers verder te verwar, het die ANC en die DA in Nelson Mandelabaai saamgespan om die UDM se hoogs omstrede Mongameli Bobani uit die kussings te lig.

Kiesers verdien beter as sulke onbevoegde verteenwoordiging van hul belange as wat die drie grootste partye hulle tans bied.

Meer oor:  Gauteng  |  Regering  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.