Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Die Burger sê: Nuwe kultuur in SAPD sal vertroue herstel
President Cyril Ramaphosa in Parliament ahead of t
President Cyril Ramaphosa. (Gallo Images/Sowetan/Esa Alexander)

Syfers wat in Maart deur die Instituut vir Sekerheidstudies bekend gemaak is, dui daarop dat al hoe minder Suid-Afrikaners voorvalle van misdaad by die polisie aanmeld.

Hoewel dit skokkend is in ag genome ons hoë misdaadkoers, behoort dit niemand te verras nie. Dié staatsinstelling boesem lankal nie meer die vertroue in wat dit moet nie.

Van die feite wat die afgelope week aan die lig gekom het, kon selfs lagwekkend wees as dit nie so verskriklik is nie.

In Gauteng het 41% van die polisiebeamptes hul skiettoets gedruip. In die vorige boekjaar het 505 polisievuurwapens verdwyn en net in die Oos-Kaap het in die 2016-’17-boekjaar ’n verstommende 3,2 miljoen patrone weggeraak. In Johannesburg het tien beamptes die week in die hof verskyn omdat hulle goedere wat by onwettige smouse gekonfiskeer is aan hulle probeer terugverkoop het.

Swak beheer en korrupsie is ongetwyfeld maar net ván die tameletjies waaroor die minister sleg behoort te slaap.

Swak beheer en korrupsie is ongetwyfeld maar net ván die tameletjies waaroor die minister sleg behoort te slaap. Wat mannekrag betref, is daar tans ’n tekort van 60 000 beamptes. Die verhouding is een polisiebeampte vir elke 383 inwoners, terwyl die internasionale standaard 1:220 is. Veral sigbare polisiëring, wat onontbeerlik is vir die voorkoming van misdaad, ly daaronder en soveel te meer in plekke soos Westbury, waar bendegeweld hoogty vier.

Doeltreffende wetstoepassing is onontbeerlik vir ’n ordelike samelewing. In Suid-Afrika het die polisiediens reeds ’n groot deel van dié verantwoordelikheid na die private sektor geskuif. Belastingbetalers moet wel steeds opdok vir ’n diens waarop hulle ingevolge die Grondwet geregtig is, maar meer dikwels nie kry nie. Daar is tans 2,36 miljoen geregistreerde private veiligheidsbeamptes – dus 2,5 vir elke polisiebeampte in die land.

Pres. Cyril Ramaphosa droom daarvan dat geweldmisdaad in die volgende tien jaar met die helfte sal verminder. Om dié droom te verwesenlik, is dringend drastiese ingryping in die Suid-Afrikaanse Polisiediens nodig. ’n Kultuur van verantwoordbaarheid, dissipline en trots moet geskep word, asook ’n omgewing waarin getroue polisielede hul werk met passie kan doen. Dit sal die publiek se vertroue in die diens herstel.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Misdaad  |  Polisie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.