Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Die Burger sê: Pravin gaan beslis misluk as pleister
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Foto: Gallo Images

Die jongste plan van die ANC, om die mislukking van plaaslike regerings onder sy beheer deur ’n soort sentrale voogdyskap op te los, gaan gewoon nie werk nie.

’n Deel van die strategie is ’n soort distriksmodel waardeur daar, onder leiding van die departement van plaaslike regering en tradisionele sake, ingegryp word om sukkelende rade te probeer regruk.

Die jongste verwikkeling is dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, nou as ’n soort mentor sal dien vir die Tshwane-metroraad, wat onder administrasie is. Om hom as ’n pleister vir die probleme daar aan te wend is ’n ontkenning van die ware oorsaak van die probleme. Dit, benewens die feit hy eerder behoort te konsentreer op sy reeds uitdagende en toenemend sukkelende omgewing van openbare ondernemings.

Die ANC is ook reeds besig met soortgelyke planne landwyd van toesig deur sentrale figure oor bepaalde rade, provinsiale departemente en selfs provinsiale regerings in die geheel.

Feit is, die land se plaaslike regering is in die greep van korrupte en onbevoegde ANC-kaders wat nie die begrote geld vir dienslewering gebruik nie.

Dit is reg dat die ANC uiteindelik besef die land se provinsiale en plaaslike regerings is in ’n gemors. Ingryping is inderdaad nodig. Maar nie op ’n manier wat grondwetlike gevaarligte oor sentralisering laat flits en die ware oorsake misken nie.

Feit is, die land se plaaslike regering is in die greep van korrupte en onbevoegde ANC-kaders wat nie die begrote geld vir dienslewering gebruik nie.

Dit word vir onwettige tenders gebruik of deur blatante diefstal verkwis. Verslag ná verslag deur die ouditeur-generaal (OG) word eenvoudig geïgnoreer. En daar is ’n onwilligheid om teen die oortreders op te tree. Halfhartige pogings om wel betrokkenes te skors, gaan gewoonlik gepaard met hoogspanning in die ANC-strukture.

Om te dink ’n soort adviesdiens (of is dit inmenging?) van ANC-figure gaan die kwessie oplos, is ’n hersenskim.

Wat nodig is, is verantwoording deur bestaande kanale. Dit sluit in optrede na aanleiding van OG-verslae, verwydering en vervolging van korruptes, aanstelling van bewese kundiges in sleutelrolle en optrede in ANC-strukture teen diegene daar wat uitgevang word. Voordat dit nie gebeur nie, mors Gordhan en ander hul tyd.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Korrupsie  |  Munisipale Dienste  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.