Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Die Burger sê: SA is Mandela en De Klerk wel groot dank verskuldig
’n Tyd van hoop. FW de Klerk en Nelson Mandela in 1990. Foto: Gallo Images

Dit is vandeesmaand drie dekades sedert oudpres. FW de Klerk se historiese toespraak op 2 Februarie 1990 en wyle oudpres. Nelson Mandela se vrylating op 11 Februarie 1990.

Te midde van die versoeningsbeelde van destyds wat dit oproep (én die herinnering aan die noodsaak van voortgesette versoening), is daar helaas ook kritiese ontleding van die gevolge en selfs totale afkeur deur sommige.

Uit van die wit reaksie klink dit byvoorbeeld op dat De Klerk die groot uitverkoper van wit mense se belange is, ’n blote pion in die hande van die ANC. Uit sommige swart oorde hoor jy dat Mandela die uitverkoper van swart mense se belange was met die dwarsboming van die gewelddadige magsrevolusie. Hierdie redenasies is ironies genoeg twee kante van dieselfde munt. Diegene bied ook min besonderhede, indien enige, oor wat dan die alternatiewe uitweg sou wees. Moontlik bied die destyds rampspoedige fiasko in die voormalige tuisland Bophuthatswana ’n blik daarop.

Die land is dié twee staatsmanne eerder groot dank verskuldig vir die wyse waarop hulle ’n volskaalse bloedbad help verhoed het.

Die land is dié twee staatsmanne eerder groot dank verskuldig vir die wyse waarop hulle ’n volskaalse bloedbad help verhoed het. In hulle het die oplossing vir die apartheidskwessie gekry wat dit nog altyd geverg het: leiers wat bereid is om in kritieke oomblikke die werklik grootse te doen – al sou dit ook wees ten koste van hulself.

En natuurlik is dit ook so dat hulle dit nie alleen vermag het nie – faktore soos internasionale diplomatieke druk, die val van die Berlynse Muur, die werk van die bevrydingsbeweging en plaaslike politieke oproer was alles in spel. Ook die toenemende besef van wit mense dat die destydse bestel in ’n doodloopstraat was.

Wat belangrik is om te onthou, is die rol wat gewone mense in die vreedsame oorgang gespeel het. Dat sowat 68% van wit mense in ’n referendum ja gestem het; dat swart mense oorweldigend gekies het vir die vreedsame bou van ’n nuwe land.

Die huidige stand van landsake is duidelik heeltemal uit koers van wat met die nuwe bedeling beoog­ is. Die vestiging van volhoubare regering en die versoeningstaak is duidelik nog nie voltooi nie. Dit kan nie alleen aan politici oorgelaat word nie. Die wil en toewyding van ’n hele nasie is nodig.

Meer oor:  Nelson Mandela  |  Fw De Klerk  |  Apartheid  |  Bevryding  |  Bloedbad  |  Anc. Np
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.