Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Die Burger sê: Proses teen die OB is te verwelkom
 adv. Busisiwe Mkhwebane
Die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Christiaan du Plessis

Die verrigtinge wat in die parlement begin om die bevoegdheid van adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), vir haar pos te beoordeel en moontlik daaruit te verwyder, is te verwelkom.

Dit gaan allermins hier oor die vraag of sy ’n politieke agenda teen pres. Cyril Ramaphosa dryf – soos inderdaad beweer word. Dit gaan eerder daaroor dat daar afdoende bewyse is om haar bekwaamheid grondliggend in twyfel te trek.

Naas ’n rits bedenklike uitlatings, besluite en bevindings deur Mkhwebane is daar ook verskeie verdoemende hofbevindings teen haar wat dié punt afdoende bewys.

Sy moes verlede jaar haar aansoek in die konstitusionele hof teen regter Sulet Potterill se uitspraak dat haar bevinding teen minister Pravin Gordhan “vaag, teenstrydig en onsinnig is”, druipstert laat vaar.

Mkhwebane moes toe die aftog blaas nadat sy Potterill op hoogs onvanpaste wyse gekritiseer het.

Sy glo dat God haar in haar pos geplaas het, en bly klou soos ’n neet daaraan.

Dan is daar natuurlik die twee kostebevele teen haar waarvoor sy self moet hoes: Regter Sisi Khampepe en ’n meerderheid regters in die konstitusionele hof het op 22 Julie verlede jaar Mkhwebane se appèl teen ’n strafkostebevel van die hand gewys en was dit eens met die hooggeregshof dat sy persoonlik vir 15% van die Absa-Ciex Reserwebank-hofgeding se regskoste aanspreeklik gehou word.)

’n Maand daarna het regter Ronel Tolmay Mkhwebane gelas om 7,5% van die regskostes van DA en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) in die saak oor haar verslag oor die Estina-suiwelprojek uit haar eie sak te betaal. Sy moet 85% van die koste in haar amptelike hoedanigheid as OB betaal.

Dit kom nadat Tolmay verklaar het dat Mkhwebane se verslag oor die Estina-projek “ongrondwetlik” en “ongeldig” was omdat sy haar plig versuim het om die suiwelprojek na behore te ondersoek en daaroor verslag te doen.

Nie dat dié soort verdoemende bevindings haar enigsins van stryk bring nie. Sy glo dat God haar in haar pos geplaas het, en bly klou soos ’n neet daaraan.

En elke dag wat sy in haar pos aanbly, berokken sy dié waghondinstelling al hoe meer skade.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Parlement  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.