Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Volksblad sê: Beheer oor siektes vir diere durf nie nou verslap nie
Die verbod op veilings en skoue van vee is gelig nadat dit kort nadat bek-en-klouseer uitgebreek het, ingestel is. Foto: Charles Smith

Terwyl boere en rolspelers in die rooivleisbedryf ’n sug van verligting slaak oor die opheffing van die landwye verbod op veilings en skoue ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, mag die fokus op doeltreffender dieregesondheidsbeheer deur die regering sowel as die landbousektor nié verslap nie.

Erkenning uit landbou- en regeringsgeledere dat die bek-en-klouseer-krisis ’n wekroep is, is te verwelkom. Só ’n krisis, grootliks te wyte aan die regering se gesloer, mag nie weer gebeur nie. Die geraamde verlies van R10 miljard vir die landboubedryf, weens die regering se versuim en toe ’n oorreaksie met die drastiese en omstrede verbod op veilings, is katastrofies vir die bedryf en die ekonomies geknelde Suid-Afrika.

In boerderygeledere moet nou daad by die woord gevoeg word met die beplande skerper selfregulering en groter bioveiligheid op plase en veilings om die besmetting van diere te voorkom. Kansvatters en geldwolwe wat bydra tot die verspreiding van siektes moet ook vasgevat word.

Ook te verwelkom is die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se onderneming dat alles moontlik gedoen word om nog uitbrekings van bek-en-klouseer te voorkom.

Dit is net jammer dit het ’n krisis geneem om die regering tot nadenke te stem.

Dit is net jammer dit het ’n krisis geneem om die regering tot nadenke te stem. Was ’n behoorlike dieresiektebeheerplan, maatreëls en hulpbronne ingestel en het die regering al behoorlik met die uitbreking in Januarie 2019 ingegryp, was die rooivleisbedryf en die land nie so uitgelewer nie. Ook met die jongste uitbreking het erns met ingryping eers ontbreek.

Die regering moet werk maak van die bek-en-klouseer-buffergebied teen die Krugerwildtuin. Die heining wat in 2008 hier opgerig is om besmette buffels van vee weg te hou is volgens boere gehawend en word nie geïnspekteer nie.

Beter beheergebiede en grensbeheer is nóú nodig. Suid-Afrika se tekort aan veeartse wat in die krisis weer uitgelig is, wek ook ernstige kommer. Didiza se plan om veeartsenykunde as ’n skaars vaardigheid te laat verklaar om buitelandse veeartse te lok, is ’n korttermyn-oplossing. Die regering moet die plan versnel vir nog ’n universiteit en opleidingshospitaal vir veeartse in die land of praat oor die uitbreiding van die Universiteit van Pretoria se veeartsenykunde-fakulteit. Dit sou die goedkoper en sinvoller opsie wees.

Soos prof. Vinny Naidoo, dekaan van dié fakulteit, gesê het: Daar is verskeie siektes in die land wat Suid-Afrika se totale landbouproduksie in duie kan laat stort indien dit nie reg beheer word nie.

Die risiko vir die boerderybedryf durf nie onderskat word nie.

Meer oor:  Beheer  |  Dieresiektes  |  Veesiektes  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.