Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Volksblad sê: Mapisa-Nqakula Mapisa-Nqakula se straf te lig vir haar skendings
Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Deaan Vivier

Pres. Cyril Ramaphosa se optrede teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, lyk op die op die oog af na ’n stap in die regte rigting. Maar vir Suid-Afrikaners gaan dit egter lyk na te min, te laat, om sy kabinet verantwoordbaar te hou. Dit volg nadat sy ’n afvaardiging van die ANC op ’n retoervlug van die lugmag na Zimbabwe toegelaat het.

Om bekend te maak dat ’n minister formeel berispe is, is ’n mate van ’n vernedering. En die opskorting van drie maande se salaris stuur ’n waarskuwing aan ministers om in hul spoor te trap.

Tog blyk dit uit Ramaphosa se eie uiteensetting van haar oortredings dat haar afdanking uit die kabinet ’n veel beter straf sou gewees het. Hy het bevind dat sy nie wetlike voorskrifte oor die gebruik van staatshulpbronne nagekom het nie en die etiese kode vir lede van die uitvoerende gesag geskend het deur op ’n manier op te tree wat nie in ooreenstemming daarmee is nie.

Die land sal ook nou wil weet of sy besef sy het oortree, want tot nou het haar kantoor en haar party haar optrede verdedig.

Ook deur nie die beginsels van goeie regering in die kode te volg nie. Dit is basiese beginsels van ’n minister se werk en ernstige oortredings. Die land sal ook nou wil weet of sy besef sy het oortree, want tot nou het haar kantoor en haar party haar optrede verdedig.

Voorts ontstaan die vraag wat dan van die ander minister, Lindiwe Zulu, wat ook op die vlug was. Al was dit in haar hoedanigheid as ANC-lid, bly sy ’n kabinetslid wat aan die kode onderworpe is.

Die waarheid is dat die aanmatigende ministers dink hulle kan hiet en gebied soos dit hulle pas. Indien hulle kwansuis nie besef het dit is oortredings nie, hoort hulle in nie in hul poste nie.

Soos adjunkhoofregter, Raymond Zondo, in ’n ander konteks opgemerk het toe die staatskapingsverdagte, Mosebanzi Zwane, aangedui het as Vrystaatse LUR vir behuising was hy nie op hoogte van die behuisingswet se inhoud nie. Zondo het dit as rede tot kommer bestempel:”’n Mens sou verwag dat hulle op hoogte sou wou wees van die reels en hul vermoe om toesig te hou...”

Dit lyk asof Ramaphosa sy minister se goeie trou in die saak aanvaar het. Daarom oorleef sy in haar pos. Solank hy besef dat Suid-Afrikaners, wat sat is vir korrupsie, noodwendig kwade bedoelings vermoed en na alle waarskynlikheid in die kol is.

Meer oor:  Nosiviwe Mapisa-Nqakula  |  Straf  |  President  |  Hoofartikel  |  Minister
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.