Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Volksblad sê:Konkelry waarvan Magashule wis, vra vir vervolging
Ace Magashule

As die nasionale vervolgingsgesag twee jaar ná sy beloofde ommeswaai en pres. Cyril Ramaphosa se nuwe dageraad nog soek na ’n hoëprofielsaak om vertroue in sy vermoë te vestig is die Vrystaatse asbesdakkontrak die regte een.

Die aanvoorwerk is gedoen. Die stippellyne wat getuienis voor die Zondo-kommissie, onthullings in joernalistieke werk en inligting van die opposisie verbind, moet net getrek word.

As toegif is ’n oorkoepelende figuur in die dak-bedrogsaak een oor wie se vervolging lankal bespiegel word. Ondanks ryke stof vir ondersoek en openbare aandrang, kry hy dit reg om gevrywaar te bly. Net onderdane beland in die visier.

Nou laat die verdoemende asbesdakverslag van die openbare beskermer min twyfel dat Ace Magashule, ANC-marionetbaas, as destydse Vrystaatse premier minstens deeglik op die hoogte van die soveelste bedrieglike kontrak van sy provinsiale regering was. Die OB bevind selfs nadat die oudi-teur-generaal aangedui het dié kontrak van R255 miljoen is onregmatig, is R139 miljoen steeds aan verdagtes uitbetaal.

Dit was in Magashule se premierstermyn. Tewens, Gangster State waarvoor Pieter-Louis Myburgh nou weer die Taco Kruiper-prys vir onder-soekende joernalistiek ontvang het, wys hoe Maga-shule se sekretaresse namens hom in e-posse geld by die vermoorde “sakeman” Igo Mpambani ver-soek het. Mpambani was die rojale swendelaar wat die kontrak se geldtoutjies getrek het.

Weens die bekookte kontrak het korruptes met ’n “wins” van meer as R200 miljoen weggekom.

In 2015 het die DA met ’n dringende hofaansoek uitbetalings aan kontrakteurs probeer keer. Maga-shule se kantoor het die goedkeuring van die kontrakte en ook die litigasie behartig.

Weens die bekookte kontrak het korruptes met ’n “wins” van meer as R200 miljoen weggekom. Slegs R21,3 miljoen is uitbetaal aan die verskaffer van die “diens” waarin staatsbronne gestroop is.

Die OB het nou bevind die kontrak was onwettig.

In die Vrystaatse Estina-suiwelbedrogskema het tegniese onbeholpenheid vervolging verongeluk. Die NVG kry nou weer kans om tande te slaan in ’n saak van staatskaping waarin Magashule, wat nou die septer in Luthuli-huis swaai, sentraal is.

Die land wag vir die slag teen korrupsie.

As hy nie vervolg word nie, is die vraag: Hoekom nie?

Meer oor:  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Vervolging  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.