SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld en Volksblad sê: Skokverslag van OG onthul stand van staatsdiens

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG), se skokverslag oor die ouditresultate van die staatsdiens dui op ’n volgehoue agteruitgang in die bestuur van openbare geld.

Kimi Makwetu. Foto: Argief

Politici kan beloftes maak en nuwe voornemens aankondig om dinge reg te ruk, maar uiteindelik onthul die verslag die stand van die staatsdiens. En die prentjie wat sigbaar word, is dié van uiters swak bestuur en volgehoue korrupsie.

Makwetu het self sy teleurstelling uitgespreek dat die verslag vir 2018-’19 dui op ’n volgehoue verswakking in ouditresultate. Hy doen ’n beroep op die regering om dringend op te tree.

Omdat die politieke wil ontbreek, is dit van groot belang dat Makwetu sy nuwe magte om wanbestuur te bestry vinnig en doeltreffend in werking stel. Ingevolge dié magte kan hy onreëlmatighede na die gepaste ondersoekeenhede verwys. Indien van sy aanbevelings nie toegepas word nie, mag hy voortaan skuldsertifikate aan rekenpligtige beamptes uitreik wat hulle persoonlik aanspreeklik hou.

Die OG se kantoor begin vanjaar om op te tree weens 28 wesenlike onreëlmatighede by agt staatsinstellings wat R2,81 miljard verteenwoordig.

Die OG se kantoor begin vanjaar om op te tree weens 28 wesenlike onreëlmatighede by agt staatsinstellings wat R2,81 miljard verteenwoordig. Dit is ’n druppel aan die emmer as die totale bedrag van onreëlmatige uitgawes – R62,6 miljard – in ag geneem word. Makwetu het wel aangedui ’n verdere 89 staatsdepartemente, wat 70% van die nasionale begroting verteenwoordig, sal in die komende jaar onder die vergrootglas wees.

Daar is aanduidings dat die land se vervolgingsinstellings baie stadig begin beweeg in die rigting van meer vervolgings van korrupsie- en staatska-pingsake. Tog bly dit ’n erge frustrasie vir die samelewing en is dit steeds ’n geldige vraag of die wil en vermoë werklik gaan bestaan om die OG se bykomende verwysings ook behoorlik te hanteer.

Wat tans ook ontbreek, is enige vinnige en duidelik reaksie van pres. Cyril Ramaphosa se regering oor die verslag. Hy en die verantwoordelike kabinetslede sal dringend en duidelik moet aandui wat hulle as uitvoerende gesag gaan doen. Enige reaksie van hul kant sal ook moet insluit wat gedoen gaan word aan die steeds ontbrekende vaardigheidsvlakke in die staatsdiens. In alle opsigte kort hier ’n grootskaalse omdraaistrategie.

Meer oor:  Kimi Makwetu  |  Skokverslag  |  Hoofartikel  |  Staatsdiens  |  Og  |  Ouditresultate  |  Oudit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.