Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Beperkings wel nodig om ons regte te beskerm
Foto ter illustrasie.

In die laaste dae het stemme begin opgaan teen die buitegewone beperkings deur die regering op bewegingsvryheid.

Sommige steun dit gekwalifiseerd, maar meen dit gaan te ver.

Onder diegene wat hul stem laat hoor, is dié vir wie dit ’n uiters onaangename herinnering is aan tye toe noodtoestande gebruik is om mense te onderdruk. Vir dié gevoelens en die behoefte om dit met mede-Suid-Afrikaners te deel, moet daar ruimte, volle begrip en selfs uitreiking wees.

Ander is besorg dat ’n skuiwergat gebruik word om mense se grondwetlike regte onnodig te onderdruk en daar word verwys na hardhandige optrede deur die veiligheidsmagte wat reeds plek-plek voorgekom het. Maar daar is ook diegene wat, vreemd, nog geen begrip van die omvang, impak en moontlike gevolge van die Covid-19-pandemie het nie.

Art. 36 van ons Grondwet – juis as deel van die Handves van Menseregte – maak voorsiening vir die beperking van regte.

Art. 36 van ons Grondwet – juis as deel van die Handves van Menseregte – maak voorsiening vir die beperking van regte. Dit word gekwalifiseer deurdat omstandighede dit moet regverdig en dat menswaardigheid steeds in ag geneem moet word.

Die aanvanklike uitvaardiging van ’n regulasie wat eise om skadevergoeding opskort wat uit regeringsoptrede voortspruit, is onaanvaarbaar. Dit is intussen geskrap. En ja, dit is ongemaklik dat ANC-politici, heelparty met ’n twyfelagtige geskiedenis, met sulke ingrypende magte beklee word.

Tog meen Beeld dat die oorwig van beperkings in die huidige situasie geregverdig is – die drankverbod en rondbeweeg buite huise, behalwe vir noodsaaklike aankope, ingesluit. Die binnelandse ontplooiing van die weermag is ook nodig. Dit alles om juis die regte, gesondheid en lewe van die meeste wetsgehoorsame Suid-Afrikaners te beskerm.

Daar is wêreldwye konsensus dat inperkings die nuwe korona-virus se verspreiding help bekamp. Uiteraard moet die samelewing, aktiviste en die media steeds hul waghondrol oor owerheidsoptrede speel. Maar ook oor die oortreders.

Meer oor:  Korona  |  Regte  |  Inperking  |  Grondwet  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.