Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Binder se sege moet ons in SA help saambind
Brad Binder Foto: GETTY IMAGES

Om te midde van die daaglikse ellende van ’n globale koronaviruspandemie, ongekende korrupsie, wrede plaasaanvalle en ’n sukkelende ekonomie werklik goeie nuus te kry, is skaars.

Daarom was dit ’n vars bries om te hoor dat Brad Binder (25) van Krugersdorp een van mededingende sport se grootste prestasies behaal het. Dié motorfietsryer se sege in die Tsjeggiese MotoGP is soveel te meer buitengewoon omdat dit slegs sy derde wedren is op dié vlak – die hoogste waarop hy kan meeding. Hy het Sondag in die sewende plek weggespring en moes hard werk om heel voor te eindig.

As Suid-Afrikaners kan ons dié en vele ander internasionale prestasies – hetsy dit ’n wen-koor of ’n wetenskapolimpiade vir skole is – met geesdrif vier en so ook inspirasie put uit dié wat deurdruk om die hoogste vlak te bereik.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook gepas gereageer op Binder se “geskiedkundige sege” en bygevoeg dit “bied aan ons inspirasie, hoop en trots en lig ons gemoedere in ’n tyd wat ons dit die nodigste het”.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook gepas gereageer op Binder se “geskiedkundige sege” en bygevoeg dit “bied aan ons inspirasie, hoop en trots.

Met sy toewyding het Binder homself in ’n situasie geplaas waarin hy in ongekend moeilike tye met oortuiging kon sê: “Dis die ongelooflikste dag van my hele lewe.” Hy het ná sy sege ook grootmoedig klem gelê op die buitengewone spanwerk van almal in die tegniese span wat hom gehelp het om dié prestasie te bereik. Nog ’n belangrike punt wat ons almal weer ter harte kan neem.

Hopelik lê daar vir Suid-Afrika se nuwe MotoGP-held nog heelwat seges en ’n veilige loopbaan voor. En sal Suid-Afrikaners hom gouer eerder as later op tuisbodem kan verwelkom om die prestasie saam met hom te vier.

Binder het ook hulde gebring aan sy ouers, Trevor en Sharon, “want dit is hulle wat my van die begin af ondersteun het”. Dit is ’n belangrike en inspirerende opmerking – ook te midde van die pandemie, waarin daar ongekende druk op ouers en ander betrokkenes is om kinders met selfs die basiese middele en onderwys te ondersteun.

Beeld, en sekerlik ook sy lesers, wens die Binders graag geluk met die uitsonderlike prestasie.

Meer oor:  Brad Binder  |  Hoofartikel  |  Sege  |  Goeie Nuus  |  Oorwinning  |  Motogp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.