Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: CR en Mboweni kan dié moeilike besluite nie uitstel
tito mboweni
Tito Mboweni Foto: Gallo Images

Tien jaar gelede was Suid-Afrika se staatskuld as persentasie van die BBP nog gemaklik onder 30%. Dit is vandag 60% en kan oor nege jaar in 2028 op 80% staan. Laat dit ’n bietjie insink.

Tito Mboweni, minister van finansies, was in verlede week se mediumtermynbegrotingsraamwerk eerlik oor dié groeiende skuldlas te midde van ’n ekonomie wat stagneer en belastinginkomste wat dus drupsgewys inkom. En met geldvrate soos Eskom, die staat se loonrekening en grootskaalse vermorsing wat dinge verder bemoeilik.

Mboweni val terug op dieselfde pogings van sy voorgangers om dié skewe prentjie reg te trek – sny luukshede; bevries verhogings, bonusse en poste; vlieg net ekonomiese klas; sny selfooneise; hou loonverhogings inflasieverwant. Maar met die ideologieverblinde vakbonde se ystergreep op die ANC-regering gaan Mboweni, nes sy voorgangers, sukkel om die salarisrekening in toom te hou.

In die jongste weergawe van sy belowende plan vir ekonomiese groei is die rooi pen van die vakbonde reeds te sien.

Sy enigste antwoord is om die ekonomie te laat groei, wat belastinginkomste sal verhoog. Meer mense wat werk het en salarisse of ’n inkomste uit entrepreneurskap verdien, sal goedere en dienste kan koop en belasting betaal, wat die staat beweegruimte sal gee om sy skuldvlakke te verlaag.

Ook hier loop Mboweni hom in die vakbonde vas. In die jongste weergawe van sy belowende plan vir ekonomiese groei is die rooi pen van die vakbonde reeds te sien deurdat voorstelle vir ’n vryer arbeidsmark vir kleinsake geskrap is.

Moody’s, wat Suid-Afrika Vrydag nog ’n blaaskans gegee het deur nie die rommelstatuskaart uit te haal nie, het juis gemaan dit lyk nie of die politieke wil bestaan om die ekonomie reg te ruk nie.

Ruim beleggings in Suid-Afrika kan Mboweni se hand sterk en pres. Cyril Ramaphosa se tweede beleggingskonferensie vind tans in Kaapstad plaas. Maar potensiële beleggers wil, net soos Moody’s, ’n duidelike boodskap hoor dat hindernisse vir groei en sakevertroue dringend uit die weg geruim word.

Ramaphosa, Mboweni en die tesourie het nou net drie maande om Suid-Afrika se fiskale sake in orde te kry voor Mboweni se volgende begrotingsrede en ’n kredietgradering deur Moody’s kort daarna. Moeilike besluite sal eenvoudig nou geneem moet word – vakbonde of te nie.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Cyril Ramaphosa  |  Skuldlas  |  Eskom  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.