Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: CR wys realisme met begin van groot oopsluit
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aan die woord in die Uniegebou. Foto: Presidensie

Binne die raamwerk van inperkingsvlakke verteenwoordig pres. Cyril Ramaphosa se besluit om op 1 Junie na vlak 3 te beweeg, ’n realistiese begin van die groot oopsluit van die land.

Die stappe kom in breë trekke ooreen met die bestuur van inperkingsvlakke internasionaal. Bill de Blasio, burgemeester van New York – die aardse vagevuur van die pandemie – het pas juis gevra dat ander plekke nie te vinnig uit inperkings beweeg nie. Volgens hom kon daar nou ’n mate van ’n beheerbare draaipunt in die stad bereik word weens inperkings. Hy waarsku te vinnige stappe kan infeksies tot angswekkend vlakke laat opskiet.

Hoewel heelwat skade reeds aan die ekonomie aangerig is, bied vlak 3 ’n betekenisvolle eerste stap om die hersteltog aan te pak. Ook op persoonlike vlak is daar verligting, met groter bewegingsvryheid, wat insluit voldag-oefentye, ’n eerste derde van studente wat reeds kan terugkeer na kampusse en die toelaat van drankverkope.

Dit is veral te verwelkom dat die land as ’n geheel na vlak 3 beweeg, aangesien die administratiewe vaardighede duidelik ontbreek om veral stedelike brandpunte op ander vlakke te bestuur.

Ramaphosa het gunstige klem gelê op raadpleging met bykans alle rolspelers en sektore.

Ramaphosa het gunstige klem gelê op raadpleging met bykans alle rolspelers en sektore. Hopelik sal die raadpleging voortduur en verdere ontperkings, soos die toerismebedryf wat hy as voorbeeld uitgelig het, gouer eerder as later gebeur.

Hoewel hy om verskoning gevra het vir die ongerief wat mense verduur, ontbreek sy reaksie op twee belangrike hofbeslissings. Die een het die bestuur van veiligheidsmagte gesensureer. En veral moes hy verduidelik het waarom dit vir ’n hof nodig was om sy politieke en burokraties lakeie uit die pad te stamp om kos aan honger mense uit te deel.

Die voortgesette verbod op tabakhandel bly ook erg onsinnig. Miljoene rande word so van die staatskas na rampokkers gekanaliseer en is olie op die vuur van bewerings – hopelik ten onregte – wat daaroor hang. Ook tot Ramaphosa se eie nadeel.

’n Kritieke punt wat hy gemaak het, is dat die onus vir veilige saamleef met die koronavirus, veral deur sosiale afstand, nou na Jan Alleman verskuif. Mense gaan nou grootliks hul eie en ander om hulle se lot in hul eie hande moet neem.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Koronavirus  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.